ADAM besing SA se mooi meisies

03 May 2019 | Kuns en vermaak
Die gewilde groep ADAM, wat pas vir ‘n Ghoema-toekenning in die kategorie Beste Album deur ’n Duo of groep genomineer is, het pas die musiekvideo van hul nuutste enkelsnit, “Iets in die water”, vrygestel.

Die video is by Hugo Ludik se ateljee in Roodepoort, asook by Follicle Hair in Pretoria geskiet. RM Productions het die video geskiet en die konsep en regie is deur Kyle Grant behartig.

“Die video is ‘n kombinasie van die ADAM-manne wat pret gedurende die opname van die lied het, en dan is daar ‘n paar mooi dames wat voor die kamera met balonne speel. Dit is ‘n viering van die pragtige meisies in Suid-Afrika. Samantha Leonard, van The Voice SA 2017, het ook ingeloer en hand met die regie bygesit,” vertel Kyle.

“Suid-Afrika het al so baie skoonheidstitels verower en met al die ADAM-toere het ons besef Suid-Afrika het regtig die mooiste meisies. Die enigste verduideliking hiervoor moet wees dat daar iets in die water is,” voeg Hugo by.

“Iets in die Water” is op ADAM se album, Bewe, wat in 2018 uitgereik is, beskikbaar.



ADAM bestaan uit Hugo Ludik, Reynardt Hugo en Kyle Grant.

Soortgelyk

 

Bank en depot sal nie sluit nie, sê Peya

27th of May 10:43 | Regering

Denver Kisting – Die minister van inligting en kommunikasietegnologie, dr. Peya Mushelenga (foto, Nampa), sê mnr. Knowledge Ipinge, raadslid van die Walvisbaai- stedelike kiesafdeling, het...

Namibië het nou 22 bevestigde Covid-19-gevalle

7 minute gelede | Gesondheid

Namibië se jongste bevestigde geval van Covid-19, geval nr. 22, is in 'n kritieke toestand en gekoppel aan 'n ventilator in 'n intensiewesorgeenheid aan die...

B-dag: Maak of breek

10 ure gelede | Regering

Jo-Maré Duddy – Dolleë staatskoffers eerder as hemelhoë besteding is waarskynlik finansminister Iipumbu Shiimi se grootste uitdaging wanneer hy vanmiddag Namibië se moeilikste begroting sedert...

Stigma jeens lorriedrywers kwel

10 ure gelede | Vervoer

Ronelle Rademeyer en Francoise Steynberg – Lorriedrywers wat Namibië van noodsaaklike lewensmiddele voorsien en seker maak produkte bly op winkelrakke, bevind hulle terselfdertyd aan die...

‘Hongerpandemie’ lê vir wêreld op loer

10 ure gelede | Byvoegsels

Ronelle RademeyerDie wêreld se ekonome en beleidmakers twyfel nie meer daaraan dat die wêreldekonomie weens die Covid-19-krisis in ’n resessie gedompel gaan word nie. Trouens,...

Weer vir 27 Mei 2020

10 ure gelede | Weer

BINNELAND: Koud aanvanklik, maar andersins gedeeltelik bewolk en matig in die Suide. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en matig tot warm wees.KUS: Gedeeltelik bewolk en...

Polisie lê beslag op sestig bokse vol drank

10 ure gelede | Misdaad

Francoise Steynberg – Die Namibiese polisie het Maandag knap ná middernag in Pionierspark op 60 bokse drank beslag gelê.Drie verdagtes is in hegtenis geneem, het...

Chaos toe jonges op vulstasie afpyl

10 ure gelede | Ongelukke

Drie jong mans wie se name in dié stadium onbekend is, het op 23 Mei om 01:00 'n ongeluk by die Total-vulstasie in Outjo veroorsaak...

Stappe by Covid-drywer se stoppe

10 ure gelede | Gesondheid

Leandrea Louw en Denver Kisting – 'n Handelsbank op Walvisbaai wat 'n Covid-19-geval onlangs besoek het, sê hulle het die personeel van daardie dag vervang...