ACC se hande reeds oorvol?

24 July 2019 | Menings
“Moet dit nie dieper invryf as wat dit nodig is,” sê sommige mense soms.

Maar waar dit geregverdig is, moet die sambok nie gespaar bly nie. Dit is nie dieselfde as om iemand te skop terwyl hy klaar lê nie.

Kort nadat die Teenkorrupsie Kommissie (ACC) onder meer 'n bevinding bevraagteken het dat korrupsie volgens 80% van mense steeds toeneem, berig Namibian Sun, Republikein se susterskoerant, die waghond ondersoek nou ook verskeie beweerde ongerymdhede op Omuthiya. Die lang griewelys voer onder andere aan dat 'n burgemeester haar man as padskraperoperateur help aanstel het en hom vir peperduur opleiding in Suid-Afrika gestuur het. 'n Voormalige burgemeester het glo 'n erf ontvang sonder om daarvoor te betaal, en dies meer, ensovoorts.

Om dit as leuens ten bate van kiespolitiek af te maak, is riskant.

Die ACC kla dikwels hul begroting is nie genoeg nie – Namibiërs stem saam – só pogings om 'n nare toedrag van sake in maanskyn en rose te kleur, moet skipbreuk ly.

Die waghond kan uit sy eie meer gereeld terugvoering oor statistiek en die stand van huidige ondersoeke gee. Ook waar aantygings as vals ontmasker is.

Almal wil sien “groot visse” ry aan die pen, maar “klein jakkalsies”, wat die grootste skade aan die wingerd aanrig, moet nie deur die net glip nie.

Burgers wil meer sien en meer weet. Maar moet daarom ook elke gegronde snuf in die neus – in die openbare, private en ander sektore – getrou aanmeld.



So sê ander

22 Julie 2019



Beeld en Die Burger sê



Die dood van die ikoniese musikant Johnny Clegg is wyd hier en oorsee betreur.

Hy was Suid-Afrika se eerste ambassadeur vir verdraagsaamheid toe die land nog die muishond van die wêreld was. Hy was in sy lewe 'n simbool van nierassigheid en geregtigheid en tot sy dood was hy 'n kampvegter daarvoor.

Hy het van vroeg af 'n Suid-Afrika gewys waar nierassigheid moontlik is, al sê die landswette wat.

Sy vroeë lirieke getuig reeds van sy hunkering na 'n vry land.

Hy het sy aanhangers daarvan bewus gemaak dat Suid-Afrika deel is van die groter vasteland Afrika, en dat ons deel is daarvan – sy hart had Afrikatrots.

Clegg was 'n voorloper en 'n fakkeldraer. Hy het die “nuwe môre” van die spits van Kilimand­jaro af gesien en vir sy gehore die pad soontoe aangewys deur sy musiek. Al is van sy musiek verbied of het dit min lugtyd gekry, het hy aangehou en deurgedruk. Sy stem en verset was hoorbaar.

Die huldeblyke wat sedert Dinsdag instroom, toon die reikwydte van sy musiek en dat dit wortel geskiet het in velerlei mense se harte.

Op sy afskeidstoer in 2017 het Johnny weer gedans en gesing. Al kon 'n mens tekens van die aftakeling van sy lyf weens kanker sien, was dit die ou Johnny met die groot hart wat sy gehore opnuut aangespoor het om betrokke burgers te wees en te glo in die moontlikhede van sy geliefde land en mense.• NETWERK24

Soortgelyk

 

Kalahariwoestyn keer terug

8 ure gelede | Polisie

Denver Kisting – In ’n poging om soortgelyke tragedies te verhoed soos die een waarin ’n Zimbabwiese taxibestuurder gesterf het, gaan alle beamptes wat aan...

Weer, Woensdag 7 Augustus 2019

8 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en matig in //Kharas, maar warm tot baie warm in die Noorde. Elders sal dit sonnig en warm wees.KUS: Gedeeltelik bewolk en...

Tweejarige sterf in ongeluk

8 ure gelede | Ongelukke

’n Tweejarige meisie, Andrea Pawa Jason, het Saterdagoggend in ’n ongeluk sowat 2 km buite Usakos gesterf.Volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag het die ongeluk...

Nudo, UPM voeg stem by antikuberkraakkoor

8 ure gelede | Politiek

Denver KistingDie president van die National Unity Democratic Organisation (Nudo), me. Esther Muinjangue, sê hulle is nie onder die huidige omstandighede beskikbaar vir die kuberkraaktoets...

renosters by Onguma onthoring

8 ure gelede | In beeld

Om stropery te voorkom het die Onguma-wildreservaat naby die Etosha Nasionale Park onlangs al hul renosters ontho­ring. Volgens die reservaatbestuurder, mnr. Jonathan Strijbis, was die...

Jong beesbeoordelaars beïndruk

8 ure gelede | Gebeure

Elvira HattinghBank Windhoek en Feedmaster span tans saam om 'n nasionale beesbeoordelaarskompetisie en -kursus vir Namibiese jongmense aan te bied.Tot dusver het die organiseerders deelnemers...

Elfjarige glo deur oom (48) verkrag

8 ure gelede | Misdaad

’n Meisie (11) is Vrydag omstreeks 14:00 glo deur haar 48-jarige oom in die Etaneno-nedersetting naby Onankali verkrag.Die verdagte is in hegtenis geneem en sou...

An update for the design icon

8 ure gelede |

Familiarly known as Audi’s design icon, the Audi TT’s third generation takes the stage with a facelifted appearance: sporty and refined exterior design, higher-powered engines...

'Elke druppel tel'

8 ure gelede | Gesondheid

Henriette LamprechtAs alle babas onmiddellik ná geboorte direkte ­velkontak ontvang, vir ses maande uit­sluitlik geborsvoed word en tot op twee jaar bykomende voeding ontvang, sal...