ACC pleit vir groter kapasiteit
ACC pleit vir groter kapasiteit

ACC pleit vir groter kapasiteit

Met te min personeel en geld sukkel die Teenkorrupsiekommissie (ACC) om sy belangrike rol te vervul.
Catherine Sasman
Catherine Sasman - Die Teenkorrupsiekommissie (ACC) versoek die regering om genoeg geld en personeel beskikbaar te stel sodat die publiek se verwagtinge rakende die bekamping van korrupsie getakel kan word.

Die kommissie ontvang algaande meer kritiek en beskuldigings dat dit ‘n “tandelose hond” is wat nie genoeg agter die “groot visse” en “vet katte” aan is nie.

Dít het tot ‘n negatiewe beeld en ’n verlies aan die publiek se vertroue gelei.

Die waarheid is egter, sê die ACC, dat dit gebuk gaan onder ‘n tekort aan geld en personeel.

Met die huidige kontanttekort in die openbare sektor en regeringskantore is agentskappe en ministeries aangesê om die gordel stywer in te trek.

Die ACC vra egter dat minstens twee poste vir ondersoekbeamptes gevul moet word.

Die kommissie het die tweede kleinste begroting van alle regeringsinstansies, met net meer as N$59,4 miljoen wat vir die 2017-’18 boekjaar aan hulle toegestaan is. Die hersiene begroting het tot ‘n verdere verlaging van N$207 000 van hul begroting gelei.

Die nuutgestigte ministerie van openbare ondernemings, met heelwat minder personeel, het die kleinste begroting van sowat N$57,8 miljoen.

Die adjunkdirekteur van die kommissie, adv. Erna van der Merwe, het Dinsdag gesê die twee vakante poste sal net meer as N$1,05 miljoen kos, maar is nie by die huidige begroting ingesluit nie.

Die ACC dring egter daarop aan om minstens vyf poste te vul, wat die staat slegs N$2,4 miljoen meer sal kos as wat dit tydens die huidige boekjaar aan die kommissie toegestaan het.

Die ACC se organisatoriese struktuur maak voorsiening vir 99 poste, maar slegs 85 is tans gevul. Namibië se teenkorrupsie-eenheid se kapasiteit is ook byvoorbeeld swakker as dié van Botswana.

Volgens die jongste VN-ramings is Botswana se bevolking sowat 200 000 mense minder as dié van Namibië – dit het sowat 2 291 661 burgers, teenoor Namibië se 2 554 584 soos op 20 November.

Tóg het Botswana se teenkorrupsieliggaam 76 ondersoekbeamptes teenoor die ACC se 29, wat die hoof van die direktorate, mnr. Nelius Becker, insluit.

Dit beteken 29 personeellede moet met meer as 300 sake werk, terwyl ‘n korrupsie-ondersoek van gemiddelde kompleksiteit sowat nege maande neem om af te handel.

Van der Merwe sê die huidige tekort aan hande veroorsaak dat die ACC nie sy mandaat kan uitvoer nie.

“Ons het eintlik ‘n span ondersoekbeamptes nodig, maar moet tussen sake rondval weens ons beperkte kapasiteit,” het Van der Merwe gesê en bygevoeg: “Ons verstaan die regering wil nie graag die salarisse in die openbare sektor verhoog nie, maar hierdie is ‘n noodsaaklikheid.

“As ons ‘n groter kapasiteit het, kan ons minder aan die uitkontraktering van kommissies bestee omdat ons in staat sal wees om ons eie ondersoeke vinniger te doen.”

Die oorheersende sentiment by die kommissie is dat dit sy mandaat sal kan uitvoer indien daar ‘n genoegsame politieke wil is om die kapasiteit van misdaadbestrydende instansies te versterk.

Die ACC het gevolglik die regering genader met ‘n versoek vir nog gespesialiseerde personeellede vir sy ondersoekende eenheid sodat dit die publiek se verwagting vir die spoedige afhandeling van ondersoeke beter kan nakom.

Met die bekragtiging van die Verenigde Nasies (VN) se konvensie teen korrupsie, het die Namibiese regering onderneem om te sorg dat teenkorrupsieliggame soos die ACC se kapasiteit genoegsaam is.

Hoofstuk 2, artikel 6 en hoofstuk 3, artikel 36, van die konvensie vereis van lidlande, insluitende Namibië, om teenkorrupsieliggame van die nodige materiële hulpbronne en gespesialiseerde personeel te voorsien en ook om opleiding te gee aan personeellede wat dit nodig het om hul werk te verrig.

Die ACC wil ook sy mandaat verskerp om korrupsie in openbare en private instansies te voorkom en het met die ontwikkeling van ‘n nasionale teenkorrupsiestrategie en -aksieplan begin, wat in 2016 aangeneem is nadat breedvoerige besprekings in verskeie streke gehou is.

“Die bekamping van korrupsie vereis gedeelde leierskap. Daarom kan ons nie op die doeltreffendheid van ‘n enkele organisasie soos die ACC staatmaak nie. Dit vereis dat alle instansies doen wat hulle veronderstel is om te doen. As daar goeie bestuur is en as interne maatreëls na behore toegepas word, kan korrupsie in die kiem gesmoor word,” het Van der Merwe gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 23.96 | EUR to NAD 20.52 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.03 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.34 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 19.03 | USD to ZMW 24.97 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 211.71/OZ UP +0.96% | Copper US$ 3.98/lb DOWN -0.0015 | Zinc US$ 2 447.90/T DOWN -0.35% | Brent Crude Oil US$ 87.06/BBP UP +0.78% | Platinum US$ 898.08/OZ UP +0.36% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.96 | EUR to NAD 20.52 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.03 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.34 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 19.03 | USD to ZMW 24.97 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 211.71/OZ UP +0.96% | Copper US$ 3.98/lb DOWN -0.0015 | Zinc US$ 2 447.90/T DOWN -0.35% | Brent Crude Oil US$ 87.06/BBP UP +0.78% | Platinum US$ 898.08/OZ UP +0.36%