ACC ondersoek saak oor gesloopte hotel

Die adjunkminister van werke en vervoer wou glo hê die sloping van 'n hotel moet gestaak moet word, onder meer omdat hy 'n persoonlike belang in die gebou gehad het.
Catherine Sasman
Catherine Sasman - Die Teenkorrupsiekommissie (ACC) se hoof van ondersoeke, mnr. Nelius Becker, het bevestig ‘n ondersoek is van stapel gestuur na die N$2,4 miljoen-tender wat aan ADDI Investment Africa (Pty) Ltd vir die sloping van ‘n hotel op Okahandja toegeken is.

Dié toekenning het glo gelei tot ‘n reuse-uitval tussen die adjunkminister van werke en vervoer, mnr. James Sankwasa, en die ministerie se uitvoerende direkteur, mnr. Willem Goeiemann, terwyl beskuldigings van selfbelang en onderduimse onderhandelinge ook die rondte doen.

Becker het gister gesê die ACC se ondersoek sal hoofsaaklik fokus op die beweerde onregmatige toekenning van die tender aan ADDI Investment.

“Dit wil voorkom asof daar geen mededingende tenderproses was nie, wat ‘n oortreding van die openbare verkrygingswet is. Ons ondersoek ook die verhouding tussen die rolspelers in die saak, asook die tenderpryse vir ‘n projek wat eintlik net die sloping van mure moes behels,” het Becker gesê.

Sankwasa het na bewering die halfgesloopte hotel op Saterdag 9 Maart besoek en “as bewaarder van staatseiendom” geeis dat die werk op die projek onmiddellik gestaak word. Hy het na bewering ook die polisie ingeroep om die werksaamhede te stop.

Op ‘n video wat tans op WhatsApp die rondte doen, kan gesien word hoe Sankwasa glo ADDI Investment se faktuur bevraagteken wat op 6 Maart by die ministerie aangekom het, terwyl ‘n sertifikaat vir die werk op dieselfde dag uitgereik is. Sankwasa het glo met sy regeringsmotor, ‘n swart Mercedes-Benz, by die hotel opgedaag.

Die uitvoerende direkteur van ADDI Investment, mnr. John John “Trapattoni” Sylvanus, het gesê dit het niks met sy maatskappy se administratiewe proses te doen nie, maar eerder met dié van die ministerie. Sylvanus het ook geweier om die sloping te staak en skriftelike bevestiging gesoek dat die werk gestaak moes word.

Sankwasa het glo toe gesê hy gaan niks op skrif stel nie, maar ‘n saak teen die maatskappy aanhangig gaan maak.

Sylvanus het daarna gevra of Sankwasa ‘n persoonlike belang by die gebou het en bygevoeg dit is bekend dat Sankwasa die perseel besoek het saam met Maleisiërs wat daarin belang stel om ‘n universiteit op die dorp te begin.

NBC Televisie het vroeër verslag gedoen oor Maleisiese besoekers van die Limkokwing University of Creative Technology, wat president Hage Geingob by Staatshuis besoek het en gesê het hulle stel daarin belang om ‘n universiteit in Namibië op die basis van ‘n openbare-private-vennootskap te stig.

Volgens die berig het die universiteit aangedui dit sou alle koste vir die projek dra.

Die Maleisiërs het ook gesê hulle het die perseel van die Nasionale Jeugdiens (NYS) op Grootfontein besoek, maar hul teleurstelling uitgespreek dat gesprekke tot ‘n stilstand gekom het weens beweerde burokrasie en weerstand.

Hulle het toe daarin belang gestel om ‘n ongebruikte Meatco-gebou, die Epandulo Meat Market op Okahandja, as ‘n universiteit te gebruik.

Hulle het ook gesê die universiteit se plan is om kursusse by huidige markvereistes aan te pas, waarskynlik met die oog daarop om werkloosheid in Namibië te takel.

ADDI INVESTMENTS SE BRIEF

ADDI Investment se Sylvanus het ‘n brief aan die ACC geskryf, wat ook op WhatsApp versprei is en so by die ACC beland het.

Daarin sê hy hy het dokumentêre bewyse dat Sankwasa die hotel vantevore saam met die Maleisiërs besoek het.

Sylvanus beweer ‘n amptenaar van die ministerie van werke en vervoer, ene mnr. Henry Mwoka, het glo die afvaardiging na die hotel vergesel.

Sylvanus beweer ook Sankwasa het tydens dié besoek aan die perseel die Maleisiërs beloof hulle kan die hotel gebruik, wat reeds sedert 1985 staatseiendom is en in onbruik verval het nadat ‘n brand daar uitgebreek het.

Hy beweer verder die Namibiese hoë kommissaris in Maleisië , me. Anne Namakau Mutelo, het die Maleisiërs bekend gestel as “potensiële sakelui wat ‘n besigheid in Namibië nodig het”.

Sylvanus sluit sy brief af: “Hiervolgens verstaan ons dat die die adjunkminister ministeriële prosedure gevolg het om sy persoonlike begeerte te bevredig om staatseiendom aan ‘n private Maleisiese entiteit toe te ken.”

Hy beweer ook Sankwasa het nie die regte prosedure gevolg toe hy ADDI Investment se dokumente by nog ‘n amptenaar van die ministerie, me. Nora Masuku, gekry het nie.

Sylvanus maak bewerings van ‘n stamgebonde samesweerdery, aangesien Sankwasa, Mutelo en die twee amptenare van die ministerie van werke en vervoer van die Zambezistreek afkomstig is.

Mutelo het navrae wat aan haar gerig is, na ambassadeur Selma Ashipala-Musavyi, die uitvoerende direkteur van internasionale betrekkinge en samewerking, vir “meer duidelikheid, asook die nodige inligting oor die saak” gestuur.

Sankwasa het nie op enige vrae gereageer nie.

Kommentaar

Republikein 2024-04-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Fulham 1 vs 3 Liverpool | Aston Villa 3 vs 1 Bournemouth | Crystal Palace 5 vs 2 West Ham | Everton 2 vs 0 Nottingham Forest | Wolves 0 vs 2 Arsenal | Luton Town 1 vs 5 Brentford | Sheffield United 1 vs 4 Burnley LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca | Real Madrid 3 vs 2 Barcelona | Deportivo Alaves 2 vs 0 Atletico Madrid | Almería 1 vs 2 Villarreal | Getafe 1 vs 1 Real Sociedad | Girona 4 vs 1 Cadiz | Valencia 1 vs 2 Real Betis | Rayo Vallecano 2 vs 1 Osasuna | Celta Vigo 4 vs 1 Las Palmas SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna | Monza 1 vs 2 Atalanta | Salernitana 0 vs 2 Fiorentina | Torino 0 vs 0 Frosinone | Sassuolo 0 vs 3 Lecce | Hellas Verona 1 vs 0 Udinese | Empoli 1 vs 0 Napoli European Championships Qualifying: Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday | Queens Park Rangers 1 vs 0 Preston North End | Norwich City 1 vs 1 Bristol City | Huddersfield Town 0 vs 4 Swansea City | Stoke City 3 vs 0 Plymouth Argyle | Cardiff City 2 vs 1 Southampton | Rotherham United 0 vs 0 Birmingham City | Sunderland 0 vs 1 Millwall FC | Watford 0 vs 0 Hull City | Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion FA Cup: Coventry City 3 vs 3 Manchester United | Manchester City 1 vs 0 Chelsea English Championship: Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday | Queens Park Rangers 1 vs 0 Preston North End | Norwich City 1 vs 1 Bristol City | Huddersfield Town 0 vs 4 Swansea City | Stoke City 3 vs 0 Plymouth Argyle | Cardiff City 2 vs 1 Southampton | Rotherham United 0 vs 0 Birmingham City | Sunderland 0 vs 1 Millwall FC | Watford 0 vs 0 Hull City | Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion Katima Mulilo: 15° | 36° Rundu: 15° | 35° Eenhana: 17° | 36° Oshakati: 18° | 35° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 32° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 15° | 20° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:08, High tide: 03:09, Low Tide: 21:13, High tide: 15:31 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 31km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:06, High tide: 03:07, Low Tide: 21:11, High tide: 15:29 Walvis Bay: 16° | 25° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:06, High tide: 03:06, Low Tide: 21:11, High tide: 15:28 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 33° Keetmanshoop: 20° | 33° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 27° Ariamsvlei: 20° | 32° Oranjemund: 13° | 20° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 15° | 27° Mbabane: 16° | 25° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 16° | 29° Maputo: 20° | 29° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 22° Durban: 19° | 25° Johannesburg: 19° | 29° Dar es Salaam: 23° | 28° Lusaka: 17° | 30° Harare: 15° | 30° Currency: GBP to NAD 23.74 | EUR to NAD 20.45 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.12 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.73 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.7 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.25 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1230 | USD to ZAR 19.12 | USD to ZMW 25.85 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73551.13 Up +0.26% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1526.82 Down -0.34% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13302.28 Down -1.12% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28144.22 Down -1.67% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 319.87/OZ DOWN -0.006 | Copper US$ 4.40/lb DOWN -0.0142 | Zinc US$ 2 803.30/T DOWN -1.08% | Brent Crude Oil US$ 87.79/BBP UP +0.70% | Platinum US$ 911.67/OZ DOWN -0.0101 Sport results: Premier League: Fulham 1 vs 3 Liverpool | Aston Villa 3 vs 1 Bournemouth | Crystal Palace 5 vs 2 West Ham | Everton 2 vs 0 Nottingham Forest | Wolves 0 vs 2 Arsenal | Luton Town 1 vs 5 Brentford | Sheffield United 1 vs 4 Burnley LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca | Real Madrid 3 vs 2 Barcelona | Deportivo Alaves 2 vs 0 Atletico Madrid | Almería 1 vs 2 Villarreal | Getafe 1 vs 1 Real Sociedad | Girona 4 vs 1 Cadiz | Valencia 1 vs 2 Real Betis | Rayo Vallecano 2 vs 1 Osasuna | Celta Vigo 4 vs 1 Las Palmas SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna | Monza 1 vs 2 Atalanta | Salernitana 0 vs 2 Fiorentina | Torino 0 vs 0 Frosinone | Sassuolo 0 vs 3 Lecce | Hellas Verona 1 vs 0 Udinese | Empoli 1 vs 0 Napoli European Championships Qualifying: Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday | Queens Park Rangers 1 vs 0 Preston North End | Norwich City 1 vs 1 Bristol City | Huddersfield Town 0 vs 4 Swansea City | Stoke City 3 vs 0 Plymouth Argyle | Cardiff City 2 vs 1 Southampton | Rotherham United 0 vs 0 Birmingham City | Sunderland 0 vs 1 Millwall FC | Watford 0 vs 0 Hull City | Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion FA Cup: Coventry City 3 vs 3 Manchester United | Manchester City 1 vs 0 Chelsea English Championship: Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday | Queens Park Rangers 1 vs 0 Preston North End | Norwich City 1 vs 1 Bristol City | Huddersfield Town 0 vs 4 Swansea City | Stoke City 3 vs 0 Plymouth Argyle | Cardiff City 2 vs 1 Southampton | Rotherham United 0 vs 0 Birmingham City | Sunderland 0 vs 1 Millwall FC | Watford 0 vs 0 Hull City | Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion Weather: Katima Mulilo: 15° | 36° Rundu: 15° | 35° Eenhana: 17° | 36° Oshakati: 18° | 35° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 32° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 15° | 20° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:08, High tide: 03:09, Low Tide: 21:13, High tide: 15:31 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 31km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:06, High tide: 03:07, Low Tide: 21:11, High tide: 15:29 Walvis Bay: 16° | 25° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:06, High tide: 03:06, Low Tide: 21:11, High tide: 15:28 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 33° Keetmanshoop: 20° | 33° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 27° Ariamsvlei: 20° | 32° Oranjemund: 13° | 20° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 15° | 27° Mbabane: 16° | 25° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 16° | 29° Maputo: 20° | 29° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 22° Durban: 19° | 25° Johannesburg: 19° | 29° Dar es Salaam: 23° | 28° Lusaka: 17° | 30° Harare: 15° | 30° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.74 | EUR to NAD 20.45 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.12 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.73 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.7 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.25 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1230 | USD to ZAR 19.12 | USD to ZMW 25.85 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73551.13 Up +0.26% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1526.82 Down -0.34% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13302.28 Down -1.12% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28144.22 Down -1.67% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 319.87/OZ DOWN -0.006 | Copper US$ 4.40/lb DOWN -0.0142 | Zinc US$ 2 803.30/T DOWN -1.08% | Brent Crude Oil US$ 87.79/BBP UP +0.70% | Platinum US$ 911.67/OZ DOWN -0.0101