ACC kry voetsoldate

Die Teenkorrupsiekommissie span tans meer as 400 staatsamptenare in om integriteit te bevorder.
Augetto Graig
Augetto Graig - Voetsoldate in die nasionale stryd teen korrupsie ontvang tans opleiding.

Mnr. Paulus Noa, direkteur van die Teenkorrupsiekommissie (ACC), het die regering se nuwe integriteitskomitees Dinsdag toegespreek.

Volgens Noa dryf dié komitees verandering binne die regering.

Hy het die meer as 400 betrokke staatsamptenare van 35 ministeries en 14 streekrade gevra om ’n sneeubaleffek aan die gang te sit om korrupsie uit te wis.

Mnr. Hannu Shipena, die ACC se uitvoerende direkteur, was die seremoniemeester by die geleentheid.

“Korrupsie vind nie in ’n vakuum plaas nie. Dit gebeur in regeringsinstansies. Die korruptes is staatsamptenare wat geld vir hulself toe-eien, wat die publiek moet bevoordeel. Hulle werk nie op straat of elders nie, maar in regeringskantore,” het Shipena gesê.

“Dit maak sin dat ons korrupsie pak waar dit voorkom en nie wag vir ’n misdaad om gepleeg te word sodat ons die polisie of ACC kan inroep nie,” het hy gesê.

“Ons as leiers en bestuurders het ’n plig om teen korrupte elemente op te tree en korrupsie te voorkom,” het hy gesê.



Noa het bygevoeg: “Korrupsie word toegelaat deur wanadministrasie, wanbestuur en oorbesteding. Hierdie onreëlmatighede beïnvloed dienslewering.

“Met die onetiese administrasie van openbare instansies moet ons nie verbaas wees as die publiek vertroue (daarin) verloor nie. Hulle is die werklike meesters en belastingbetalers. Hierdie uiterste wanbestuur en wanadministrasie lei tot die verlies van miljoene. Selfs beleidmakers neem korrupte besluite,” het hy gesê.

Opleiding vir komiteelede van verskeie ministeries sal in Oktober en November voltooi word.

Dit sluit in die ministerie van staatsondernemings, myne en energie, armoedeuitwissing, internasionale betrekkinge en samewerking, visserye en mariene hulpbronne, nywerheidsontwikkeling, handel en SME-ontwikkeling en die kantoor van die eerste minister.

Ministeries wat reeds opleiding ontvang het, sluit in die ministeries van veiligheid en sekuriteit, binnelandse sake en immigrasie, justisie, finansies, stedelike en landelike ontwikkeling, gesondheid en maatskaplike dienste, asook die ouditeur-generaal se kantoor, die Nasionale Vergadering en die Nasionale Raad.

Streekrade en komitees van die oorblywende ministeries sal voor die einde van die jaar opleiding ontvang.

Van integriteitskomiteelede word verwag om integriteit te bevorder, om te verseker medewerkers voldoen aan die reëls vir openbare beamptes, om etiese leiding gee, en om oortredings te identifiseer en by die uitvoerende direkteur aan te meld.

Hulle moet ook bewustheidsprogramme ontwikkel en toepas, die nasionale teenkorrupsiestrategie ondersteun en interne teenkorrupsiemeganismes versterk.

Verder sal die komitees klagtes ontvang en daarop reageer, wat deel sal wees van jaarlikse verslae en aksieplanne wat hulle moet opstel en indien.

“Speel jul rol en saam sal ons die land se regeringstelsel skoonmaak,” het Noa gesê.

Volgens hom behels baie van die korrupsieklagtes wat die ACC ontvang wanadministrasie.

“Julle sal administratiewe korrupsie vervolg. Instansies moet optree, maar ons wetgewing bevat geen duidelike klousule wat hulle dwing om dit te doen nie,” het hy gesê.

Dít ondanks die verwagting wat die wet op openbare dienste skep, wat die rapportering van sulke oortredings aanmoedig.

“Ons skep ’n vrot voorbeeld in hierdie land. Dit is ’n ernstige situasie wat die ekonomie verswak. Ons kan nie alles aan ondersoekagentskappe soos die ACC oorlaat nie. Ander owerhede moet bydra. Julle moet bydra,” het Noa gesê.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 23.96 | EUR to NAD 20.52 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.03 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.34 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 19.03 | USD to ZMW 24.97 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 208.86/OZ UP +0.83% | Copper US$ 3.97/lb DOWN -0.0028 | Zinc US$ 2 445.40/T DOWN -0.45% | Brent Crude Oil US$ 87.07/BBP UP +0.79% | Platinum US$ 896.85/OZ UP +0.22% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.96 | EUR to NAD 20.52 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.03 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.34 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 19.03 | USD to ZMW 24.97 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 208.86/OZ UP +0.83% | Copper US$ 3.97/lb DOWN -0.0028 | Zinc US$ 2 445.40/T DOWN -0.45% | Brent Crude Oil US$ 87.07/BBP UP +0.79% | Platinum US$ 896.85/OZ UP +0.22%