ACC kap justisie

‘Geen geld in persoonlike rekeninge’

29 July 2019 | Ministeries
ont face="Verdana" >





Denver Kisting – Die Teenkorrupsiekommissie (ACC) sê dit is onaanvaarbaar dat staatsgeld in private rekeninge betaal word – selfs vir geldige redes.

Die teenkorrupsiewaghond sê by monde van sy woordvoerder, me. Josefina Nghituwamata, hy is tevrede met ’n verduideliking deur die ministerie van justisie.

Nghituwamata het die afgelope week in ’n verklaring gesê mnr. Isaskar Ndjoze, die uitvoerende direkteur van justisie, het op hul navrae oor korrupsiebeweringe gereageer.

Die ACC wou by die ministerie weet onder watter omstandighede sekere programmatuur aangekoop is.

Naas ’n verduideliking het die ministerie ook met stawende dokumentasie oor die betrokke transaksie vorendag gekom, sê Nghituwamata.

Kragtens Ndjoze se verduideliking het die justisieministerie glo vantevore met die spesifieke Asiatiese verskaffer te doen gehad en die maatskappy het glo ’n goeie reputasie. “Geskoei op hul navorsing kon die ministerie nie verskaffers van soortgelyke programmatuur in Namibië vind nie,” lui die ACC se verklaring.

Volgens Nghituwamata kon die ministerie selfs verduidelik hoekom hy van persoonlike bankrekenings vir die betaling van die programmatuur gebruik moes maak.

Nadat die teenkorrupsieliggaam die verduideliking bestudeer en na die stawende dokumentasie gekyk het, is hy tevrede geen geld is uit die ministerie verkul nie. “Die proses is bedoel om die betalingsproses vir die programmatuur te bespoedig om te verhoed dat uitgawes na die volgende boekjaar oorgedra word.”

Volgens die ACC was daar volgens die ministerie van justisie ’n behoefte aan die spesifieke programmatuur.

Maar, sê Nghituwamata, hoewel die ACC tevrede is daar was geen bedoeling om geld te verduister nie, is die praktyk om verskaffers deur middel van persoonlike bankrekenings te betaal teenstrydig met prosesreëls en ongeoorloof, en openbare instellings moet dit staak. “Die praktyk skep potensiële kanse vir korrupsie.”

Soortgelyk

 

Geingob: Kabinet sien mense se woede oor kurrupsie

2 dae gelede | Regering

Pres. Hage Geingob het vanoggend vanjaar se die laaste kabinetsvergadering gelei.Hy sê die land se topleierskap is bewus van die huidige korrupsiestorm in die visbedryf,...

Von Bach, Daan Viljoen kry water

2 dae gelede | Omgewing

Die Von Bachdam is nou 2,5% voller as Maandag. Teen 09:00 vanoggend het 3,4 m³ water die dam elke sekonde binnegevloei. NamWater het pas ’n...

NHE to build houses in informal settlement

2 dae gelede | Infrastruktuur

The National Housing Enterprise (NHE) has embarked on a pilot study for the construction of houses for qualified land owners living in informal settlements.Speaking at...

Crafting a future

2 dae gelede | Mense

Elizabeth JosephFrancois Wahl studied B.Acc at Stellenbosch University and is a qualified chartered accountant. Since taking the seat as the CEO of Nictus Furnishers, he...

Oordragplanne van Hatuikulipi’s gefnuik

2 dae gelede | Misdaad

Ronelle Rademeyer - Die Teenkorrupsiekommissie (ACC) het gistermiddag by die aktekantoor in Windhoek beslag gelê op dokumente vir die oordrag van 15 deeltiteleenhede op Swakopmund...

Waarskuwing: Swaar storms tot Saterdag

2 dae gelede | Weer

Elvira Hattingh - Terwyl ’n vrou van Otjiwarongo Woensdag gesterf het toe reënwater haar meegesleur het, waarsku die Namibiese weerkantoor nog swaar storms kan tot...

Highly mechanised

2 dae gelede | Mense

Justicia Shipena Vivacious Marco Swart is a mechanical technician in the packaging engineering department at Namibia Breweries Limited (NBL) - a subsidiary of the Ohlthaver...

Compassion is the new fashion

2 dae gelede | Mense

Evany van WykMarizelle Pienaar lives by the motto, “the more you have to do, the more you get done.” She believes in being a balanced...

Never say never

2 dae gelede | Mense

Mariselle StofbergHester Uushona is a firm believer that being average in life is not an option. She strives towards making her mark while providing others...