ACC hou kaarte dig teen bors
Ronelle Rademeyer - Ná die lasbrief-fiasko van die afgelope naweek, wat meegebring het dat die Teenkorrupsiekommissie (ACC) Sondag ’n bloutjie in die hof geloop het, hou dié waghondliggaam nou sy kaarte dig teen die bors.
Al ses die verdagtes wat die ACC Saterdag in verband met vermeende bedrog in die toekenning van viskwotas en die aanvaarding van omkoopgeld in hegtenis wou neem, was teen gister in die land.
Republikein het bevestiging ontvang dat mnre. Sacky Shanghala en James Hatuikulipi, onderskeidelik die gewese minister van justisie en gewese besturende direkteur van Investec Asset Management Namibia, op ’n vlug uit Kaapstad in die land aangekom het.
Nadat die gewese minister van visserye en mariene hulpbronne, mnr. Bernhard Esau, Sondag ná minder as 24 uur in die selle sy vrylating kon bewerkstellig toe die hoërhof ’n bevel uitgereik het wat sy lasbrief ter syde gestel het, het Shanghala en Hatuikulipi Maandag deur middel van dieselfde prokureur voelers uitgesteek oor hul situasie.
Hulle het in ’n brief aan die direkteur-generaal van die ACC, mnr. Paulus Noa, aangedui hulle is nie op die vlug nie en sou gister na Namibië terugkeer. Hulle het deur hul prokureur, mnr. Apollos Shimakeleni, probeer vasstel of daar ook lasbriewe vir hul inhegtenisnemings is, en aangedui hulle sal liefs self met die ACC gaan praat en in die hof verskyn op ’n datum wat aan hulle gekommunikeer word.
Teen laat gister het Noa laat blyk hy is nie bewus daarvan dat hulle terug in die land is nie. Op ’n vraag oor of gehoor gegee word aan mnr. Shimakeleni se versoek, het hy gesê: “Ons het ons eie prosedures. Ek onderhandel nie daaroor nie.”
Esau is Saterdagmiddag saam met mnr. Ricardo Gustavo, wat in opvolg van die multimiljoen-korrupsieskandaal in die visbedryf as senior bestuurder by Investec geskors is, by hul huise in hegtenis geneem.
Die ACC se plan was om ook vir Shanghala, Hatuikulipi, sy neef, mnr. Tamson “Fitty” Hatuikulipi, en mnr. Pius Natangwe Mwatelulo in hegtenis te neem.
Laasgenoemde is na wat verneem word ’n familielid van Fitty, wat op sy beurt met Esau se dogter, Ndapandula, getroud is.
Aanvanklik is vermoed dat (Fitty) Hatuikulipi ook die land verlaat het, maar Shimakeleni het in sy brief aan Noa gesê beide hy en Mwatelulo was tuis, en die ACC en polisie het nie Saterdagmiddag by hulle aangeklop toe daar met lasbriewe toegeslaan is nie.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie