Aborsiedebat moet fokus op regte, nie godsdiens

Die debat oor die wettiging van aborsie word vandag in die parlement bespreek.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht en Jana-Mari Smith – Die besluit om 'n aborsie te ondergaan, is 'n kwessie van persoonlike gewete wat nie in afwesigheid van enige wetenskaplike of menseregte-gebaseerde konsensus daaroor deur die wet gelei kan word nie.

Volgens die direkteur van die Regs­hulpsentrum (LAC), me. Toni Hancox, ondersteun die sentrum regshervorming wat die vryheid van keuse met betrekking tot aborsie en ter ondersteuning van vroue se reproduktiewe regte sou uitbrei.

Die sterk debat wat tans oor die moontlike wettiging van aborsie woed, volg op die klagskrif getiteld Legalise Abortion in Namibia deur die aktivis me. Beauty Boois, wat Maandag reeds 35 000 handtekeninge gehad het.

Hancox sê die ruimte waarin besluit word om 'n aborsie te hê, al dan nie, moet uitgebrei word om onder meer verbeterde toegang tot gesinsbeplanningmaatreëls vir meisies en vroue van alle ouderdomme, asook voortgesette optrede in te sluit om geslagsgeweld en -ongelykheid te takel wat tot ongewenste swangerskappe lei.

Hancox sonder ook die voorsiening van inligting uit alvorens 'n besluit oor aborsie gemaak word. Dit, omdat baie mense nie weet van opsies soos pleegsorg, aanneming of die meganismes wat hulle kan gebruik om finansiële ondersteuning van die pa of die staat te verkry nie.

Die kerk en Christen-gelowiges het op hul beurt wyd op sosiale media en in die gedrukte media in advertensies, verklarings en ook video's hul sterk teenkanting teen aborsie uitgespreek.

'n Klagskrif teen die wettiging van aborsie het Maandag reeds meer as 13 000 handtekeninge gewerf.

Onder die vaandel van die kerk in Namibië word lewe as 'n heilige geskenk van God beskryf, daarom dat die “liggaam van Christus in Namibië” sê geen lewe behoort op aanvraag geneem te word nie.


VELE INVLOEDE EN FAKTORE

Die kerk sê fokus moet midde die huidige maatskaplike en ekonomiese uitdagings eerder op kwessies soos onder meer Covid-19, geslagsgeweld, verkragting, armoede en dwelm- en alkoholmisbruik geplaas word.

Dit verwys ook na die groot persoonlike, emosionele en sielkundige koste vir die vrou wat 'n aborsie ondergaan. In die verband haal dit navorsing aan wat sê 81% van dié vroue, “ons dogters, susters, ons leiers”, is aan uitdagings met betrekking tot hul geestesgesondheid blootgestel.

Dit beklemtoon die beëindiging van lewe is “meer kompleks as bloot 'n fisieke ervaring”. Dit verwys ook na medici wat sê newe-effekte kan herhaalde miskrame, onbeheerste bloeding, ektopiese swangerskappe en die perforasie van die baarmoeder insluit.

Die kerk doen 'n beroep op die land se leiers om te luister na die stem van die stemloses en maan leiers het 'n verantwoordelikheid teenoor die huidige geslag en om die toekoms van die Namibiese kind te verseker.

Boois vra in haar brief dat “elke lid van die Namibiese parlement hul argumente op feite staaf en dat die huidige aborsiewet krities bekyk word om te bepaal of die wet die menseregte van Namibiese vroue skend of nie.”

Die presidentsvrou, me. Monica Geingos, het in 'n twiet dit onomwonde gestel “seksuele aktiwiteite, hetsy deur keuse of dwang, sonder die gebruik van doeltreffende voorbehoedmiddels, is die hoofoorsaak van ongewenste swangerskappe”.

Die keuse om swanger te bly of nie gaan oor voortplantings-outonomie. Om te sê vroue soek 'n aborsie 'vir pret' is kwaadstokery."

Sy het ook in 'n twiet gesê: “Die kern van die pro-keuse-argument is persoonlike verantwoordelikheid, keuse en gevolg – dit het nog nooit oor buite-egtelike kinders, afwesige pa's of enkelouerskap gegaan nie.”



IN PARLEMENT BESPREEK

Me. Doreen Sioka, die minister in die presidensie verantwoordelik vir geslagsgelykheid, armoede-uitwissing en maatskaplike welsyn, sê sy steun nie die wysiging van die wet nie.

Verskeie medici, insluitend die minister van gesondheid, mnr. Kalumbi Shangula, en sy voorganger, mnr. Bernard Haufiku, het op rekord gesê hulle ondersteun dit wél.

Die adjunkminister van gesondheid, dr. Esther Muinjangue, het 'n mosie ingedien om aborsie in die parlement te bespreek. Die debat is tot vandag uitgestel.

- [email protected]
- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma | AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Currency: GBP to NAD 23.74 | EUR to NAD 20.39 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 19.03 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.41 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.01 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 331.84/OZ UP +0.67% | Copper US$ 4.51/lb UP +1.75% | Zinc US$ 2 867.60/T UP 0.22% | Brent Crude Oil US$ 88.89/BBP UP +1.01% | Platinum US$ 915.53/OZ UP +1.48% Sport results: Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma | AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.74 | EUR to NAD 20.39 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 19.03 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.41 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.01 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 331.84/OZ UP +0.67% | Copper US$ 4.51/lb UP +1.75% | Zinc US$ 2 867.60/T UP 0.22% | Brent Crude Oil US$ 88.89/BBP UP +1.01% | Platinum US$ 915.53/OZ UP +1.48%