AB verlig hulle 'geheime' trommel is gevind
Krieket
Wim Pretorius - Die voormalige Protea-kolwer AB de Villiers sê hy en sy vriende kan hulle eintlik gelukkig ag dat hul “geheime” trommel dié week op die terrein van die Afrikaanse Hoër Seunskool (Affies) in Pretoria opgegrawe is.
De Villiers en sewe van sy vriende het op die aand van hulle laaste skooldag in 2002 besluit om in die geheim 'n trommel naby die skool se booghek te begrawe waarin elkeen van hulle iets gebêre het.
Konstruksiewerkers wat by die skool doenig is, het dit Dinsdag gevind toe hulle opgrawings gedoen het om waterpype te vervang. Volgens De Villiers, wat in Mei uit alle weergawes van internasionale krieket getree het, het elkeen van hulle ook 'n brief geskryf oor waar hulle oor 10 jaar wil wees.
“Ongelukkig het nie een van die briewe bewaar gebly nie en snaaks genoeg, is die lys name al wat oorgebly het. So kon hulle ten minste sien dit was ons trommel,” het De Villiers gister by navraag gesê.
“Ek het in my brief gevra of dit rugby of krieket gaan wees en het die Here gevra om my te lei. Ek het toe so 'n bietjie meer na krieket oorgeleun, maar ek het rugby eintlik nog altyd 'n bietjie meer geniet. Daar is min dinge wat by 'n lekker agterlynbeweging kan kers vashou.”
De Villiers het een van sy eerstespan-rugbytruie in die trommel gesit, met 'n bottel vonkelwyn en 'n spul sigare wat ook begrawe is.
“Die plan was om dit oop te maak wanneer ons die ding weer opgegrawe het, maar dit het ook nie behoue gebly nie.”
- Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie