Aardskudding op Omaruru

'n Monnik sê hy was meer as verras toe hy Woensdag deur 'n aardskudding op Omaruru ­wakker gemaak is.
Elvira Hattingh
Elvira Hattingh



Omaruru het Woensdag omstreeks 04:37 'n aardskudding met 'n lesing van 3,6 op die Richterskaal beleef.

Ligte skade is aan die Rooms-Ka­tolieke Kerk se Walfdrieden-­sendingstasie aangerig.

'n Lid van die stasie, br. John Ndjam­ba, het eergister aan Republi­kein gesê die aardskudding het hom “beslis” uit sy slaap gewek.

“Ek was méér as verras toe ek deur die aardbewing wakker gemaak is. Ek het aanvanklik gedink dit is 'n groot lorrie wat verby ry of 'n bom wat hier naby geval het,” het Ndjamba gesê.

Ndjamba het gesê die bewing het sowat 40 sekondes lank geduur en dat hulle om 08:06 weer 'n bewing gevoel het.

Hy sê die meeste van die sending se geboue is vol krake ná die bewing, maar afgesien van 'n bietjie verwarring en paniek onder kinders in die koshuis is niemand tydens die voorval beseer nie.

Op die vraag op hoeveel dit gaan kos om die skade aan hul geboue te herstel, het hy gesê dit is “kleingeld”.

“Waaroor ons wel bekommerd is, is dat indien die aardbewings aan­hou voorkom, dit die gebou uit­eindelik erg sal beskadig,” het Ndjamba gesê.



OORSPRONG

Volgens me. Mako Sitali, 'n geo­wetenskaplike verbonde aan die ­ministerie van myne en energie se Geologiese Opname, het die aardbewing sy oorsprong sowat 20 km suidoos van Omaruru gehad, 15 km onder die aardkors.

Sy kon nie bevestig of 'n opvolgbewing of naskok omstreeks 08:00 gevoel is nie.

Sitali het wel bevestig hul netwerk van seismiese stasies het die eerste bewing vroegoggend geregistreer.

Vyf van die stasies van die Namibiese Seismologiese Netwerk het die aardbewing waargeneem. Dit is die stasies in Windhoek, op Tsumeb, ­Kamanjab, Opuwo asook Rundu.

Die aardbewing het sy oorsprong in 'n gebied waar antieke breuke in die aardkors voorkom.

“Historiese rekords wys dat hierdie gebeurtenis plaasgevind het in 'n bekende seismiese gebied van Namibië,” lui 'n persverklaring wat deur die waarnemende uitvoerende hoof van myne en energie, dr. Vickey Do Cabo vrygestel is.

“Gewoonlik word aardskuddings wat minder as 4 op die Richterskaal meet nie as ernstig beskou nie, omdat dit nie eintlik groot skade aanrig nie,” het Sitali gesê.

“In die geval van Namibië, omdat aardbewings eintlik seldsaam hier is, kan dit egter skade aanrig omdat ons geboue nie hiervoor gerat is nie,” het sy verduidelik.

Republikein het die laaste keer in ­November 2018 berig dat 'n aardbewing wat 3,7 op die Richter­skaal gemeet het, in die Anker-­gebied in die noordweste van die land ­voor­gekom het. Sitali het toe gesê tussen Maart en November het reeds vyf ­beduidende aardbewings in die gebied voor­gekom - almal het tussen 4,1 en 4,6 op die Richterskaal gemeet.

Die ministerie van myne en energie sê aardbewings in Namibië is ­seld­saam.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 18km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!