Aardklop kry u2018uitklophouu2019 van Covid-19
Aardklop kry u2018uitklophouu2019 van Covid-19

Aardklop kry ‘uitklophou’ van Covid-19

Yandi Du Plessis
Nadat kunstenaars gehoop het om op die Aardklop Nasionale Kunstefees in Potchefstroom weer ’n inkomste te verdien, het “te veel onsekerheid” oor Covid-19 die bestuur genoop om vanjaar se fees af te las.

“Ons wil dit baie graag aanbied, maar ons kan nie die langtermyn impak van die virus voorspel nie,” sê Delmari van Zyl, bestuurder van borge, media en bemarking.

“Ons het talle scenario’s en opsies oorweeg in ’n poging om Aardklop die jaar te kon aanbied, maar ons het ook ’n verantwoordelikheid teenoor die kunstenaars, stalletjiehouers en ander rolspelers. Hulle moet kan beplan en ons wil nie vals hoop skep nie.”

Die fees sou van 22 tot 27 September duur.

Van Zyl reken die grootste bydrae wat die fees kan lewer, is om die pandemie te oorleef en te verseker daar is in die toekoms steeds ’n fees.

“Die fees sal volgende jaar in die gewone tydgleuf van September of Oktober aangebied word. Sou geleenthede vanjaar opduik om projekte op kort kennisgewing suksesvol aan te bied, sal ons dit aangryp.”

Aardklop het in 2016 amper geëindig, maar ’n nuwe raad en bestuur is aangestel en ’n nuwe fees is begin.

Van Zyl glo die fees sal hierdie terugslag oorleef.

“Ons weet hoe om konserwatief met ons begrotings om te gaan, hoe om met ’n klein span wondere te verrig en bloed uit ’n klip te tap. Die vuurdoop was dalk presies wat ons nodig gehad het om ons die veerkragtigheid te gee om volhoubaar te bly in moeilike tye soos hierdie. Ons het gelukkig aan die einde van verlede jaar reeds besef ons moet modern en aanpasbaar wees en het reeds virtuele kantore vanaf die begin van die jaar.”

Meer as 70 000 mense besoek jaarliks die fees.

Dit sal egter moeilik wees om produksies wat deel van vanjaar se feesbeplanning was, bloot na volgende jaar aan te skuif.

“Aardklop se program bly altyd relevant en in voeling met die zeitgeist,” sê Van Zyl.

“Sommige werke het ’n universele impak en aanhang en kan maklik uitgestel word, ander ongelukkig nie.”

Die program was nog nie bekend nie.

Aardklop voer gesprekke met ander feeste en vennote.

“Die doel sal altyd bly om so gou as moontlik ’n inkomste vir kunstenaars te genereer.”

Intussen ondersoek die fees alternatiewe projekte, wat onafhanklik van Aardklop se voorlopige program gefinansier word. Dit sluit in tradisionele en virtuele platforms.

“Hierdie projekte stel ten doel om Aardklop as platform aktief te laat funksioneer, en om ’n inkomste vir kunstenaars, tegnici en diensverskaffers te maak.”

Volgens Alexa Strachan, feesbestuurder, is dit moeilik om onder die huidige omstandighede besluite te neem.

“Maar ons moet aanpasbaar, vernuwend en ontvanklik bly. Kunstenaars, stalletjiehouers en ander vennote het Aardklop beskou as ’n lig aan die einde van die baie donker tonnel waarin 2020 ontaard het. Die beste manier waarop ons die bedryf en al ons rolspelers kan ondersteun, is egter om hierdie pandemie te oorleef en sodra ons na die ‘nuwe normaal’ terugkeer, te verseker daar sal steeds ’n Aardklop wees.”

Fika J. van Rensburg, voorsitter van die Aardklop-raad, sê ’n “oorwoë” besluit is geneem.

“Die staat van inperking is nie iets wat ons gekies het nie. Die raad is egter tevrede dat Aardklop se bestuur die nodige beplanning in plek gestel het om Aardklop te laat voortgaan in 2021 – wanneer Aardklop óók gaan bou aan ’n beter ‘nuwe normaal’. Die bestuur offer baie op om dit só te laat gebeur – en daarvoor sê die hele Suid-Afrika dankie.” - Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 18km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!