Aardedag gevier

Klub in Februarie gestig

07 May 2019 | Onderwys
Michelline Nawatises

Pull quote: “Om by hierdie klub aan te sluit, is een van die beste goed wat ek al gedoen het” - Priscilla Shongola

Op Aardedag vind verskeie verrigtinge ter ondersteuning van omgewingsbewaring plaas en om waardering vir Moeder Aarde te bevorder.

Vanjaar se tema was “Protect our species” en het hoofsaaklik op die beskerming van bedreigde spesies gefokus.

Op Walvisbaai is Aardedag op 18 April deur die Munisipaliteit van Walvisbaai se omgewingsbestuurafdeling gevier, in samewerking met die Walvisbaai Stem-klub (wetenskap, tegnologie, ingenieurswese en wiskunde), wat uit dinamiese graad 5- tot graad 12-leerlinge bestaan.

Die viering het op drie spesies gefokus: die Heaviside-dolfyn, die albatros en die Welwitschia-plant.

Inligting oor hierdie spesies is aan leerlinge verskaf om plakkate met verskeie kernboodskappe te ontwerp.

Anastacia de Klerk is die Stem-klub se stigter, wat leerlinge van Walvisbaai akkommodeer.

Die doel van die klub is om leerlinge aan Stem-verwante aktiwiteite bloot te stel en leiding in hul skoolloopbane en toekomsplanne te bied.

“Ons streef daarna om hulle aan Stem-verwante kompetisies bloot te stel – plaaslik sowel as internasionaal,” het De Klerk gesê.

Hoewel die klub vir beide seuns en meisies oop is, fokus die Stem-beurs slegs op meisies.

De Klerk sê sy hoop om meer kinders in die toekoms te bereik en om borge te kry sodat hulle ’n permanente tuiste vir die klub kan vind, wat ook as hulpbronsentrum vir leerlinge op Walvisbaai sal dien.

Die klub bestaan tans uit 27 lede.

Priscilla Shongola (16), ’n lid van die klub, sê: “Ek geniet die klub en wil ook ’n passie vir die wetenskap ontwikkel en ’n loopbaan hierin volg. Om meer kennis in te win en pret te hê terwyl jy dit doen, is die idee.”

Soortgelyk

 

Sesde vermeende renosterstroper vrygelaat

6 ure gelede | Howe

Die sesde beskuldigde in 'n renosterstroperysaak is vandag borgtog van N$6 000 in die landdroshof op Outjo toegestaan. Mnr. Rukeeveni Nguronda (34) en sy vyf...

Ter plaatse ondersoek na hout-oeste

7 ure gelede | Omgewing

Die parlementêre portefeuljekomitee belas met natuurlike hulpbronne het gister besoek aan drie Chinese houtdepots in die Kavango-Oosstreek by Kapupahidi, Taratara en Kawe afgelê. Dít glo...

Windhoek klop waterteikens

22 ure gelede | Plaaslik

Elvira Hattingh - Inwoners van die hoofstad neem waterbesparings uiteindelik ernstig op en het die afgelope week weer 4% bespaar. Volgens me. Lydia Amutenya,...

Kalahariwoestyn keer terug

22 ure gelede | Polisie

Denver Kisting – In ’n poging om soortgelyke tragedies te verhoed soos die een waarin ’n Zimbabwiese taxibestuurder gesterf het, gaan alle beamptes wat aan...

Weer, Woensdag 7 Augustus 2019

22 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en matig in //Kharas, maar warm tot baie warm in die Noorde. Elders sal dit sonnig en warm wees.KUS: Gedeeltelik bewolk en...

Tweejarige sterf in ongeluk

22 ure gelede | Ongelukke

’n Tweejarige meisie, Andrea Pawa Jason, het Saterdagoggend in ’n ongeluk sowat 2 km buite Usakos gesterf.Volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag het die ongeluk...

Nudo, UPM voeg stem by antikuberkraakkoor

22 ure gelede | Politiek

Denver KistingDie president van die National Unity Democratic Organisation (Nudo), me. Esther Muinjangue, sê hulle is nie onder die huidige omstandighede beskikbaar vir die kuberkraaktoets...

renosters by Onguma onthoring

22 ure gelede | In beeld

Om stropery te voorkom het die Onguma-wildreservaat naby die Etosha Nasionale Park onlangs al hul renosters ontho­ring. Volgens die reservaatbestuurder, mnr. Jonathan Strijbis, was die...

Jong beesbeoordelaars beïndruk

22 ure gelede | Gebeure

Elvira HattinghBank Windhoek en Feedmaster span tans saam om 'n nasionale beesbeoordelaarskompetisie en -kursus vir Namibiese jongmense aan te bied.Tot dusver het die organiseerders deelnemers...