‘Aarde lag deur haar gebarste gesig’

09 February 2019 | Weer
Ronelle Rademeyer – Groot dele van die Suide is vanoggend (Saterdag) sopnat.
Die Facebook-blad Reën in Namibia van Philip Deetlefs is die ene jubelsange van dankbaarheid vir reën oor ‘n groot deel in die sentraal-suidelike en suidoostelike dele van die land. Op talle plekke is riviere in vloed.
Die jaarlikse Elnatan-atletiekbyeenkoms wat vandag op Stampriet sou plaasvind, is gekanselleer en ouers wie se kinders uit Windhoek daarheen sou reis, is deur kennisgewings op WhatsApp-groepe ingelig dat dit afgestel is.
Die Intercape-bus onderweg na Kaapstad het laasnag in die middernagtelike ure tussen Keetmanshoop en Grünau in die moeilikheid beland toe vloedwater wat oor die teerpad gestroom het, die bus byna van die pad gedruk en in ‘n rivier laat beland het.
Die bus het op die kant van die pad in die modder vasgesit en is eers ure later deur Danie Erasmus van Keetsmanshoop uitgesleep, het Japie Mostert van dié dorp gister laat weet.
Hy sê Keetsmanshoop het die afgelope twee dae 48 mm reën gehad.
Volgens plasings deur Joryn Niemand en Piet Oelofse is by Maltahöhe neerslae van 48 mm en 40 mm gemeet.
Barista Lambrechts het video’s geplaas van die Guruchab- en Leeuriviere in vloed. Laasgenoemde rivier tussen Keetmanshoop en Grünau het sy walle oorstroom en die water het oor die pad geloop.
Volgens Annamié Louwrens het dit op die plaas Aningoas wes van die Groot Karasberge 60 mm gereën.
Bella Marais laat weet dat het op ‘n plaas 40 km wes van Aroab 80 mm gereën, terwyl goeie neerslae ook op plekke by Aranos, Goachas en Mariental gemeet is.
Ronel Opperman het die volgende gedig vanoggend op Reën in Namibia geplaas:
“Here, die aarde lag vandag deur haar gebarste gesig/Die plooie van min water se swaarkry so duidelik sigbaar/En toe kom U genade en vee die beste salf oor haar.”
Sy skryf hulle het die eerste dubbelsyfer-neerslag van die seisoen gehad. “Vanoggend is hier voëls wat ek nie ken nie; goggas wat dans op hulle agter voete. . . Verbeel ek my of hoor ek hulle sing?,” sê sy in haar plasing.

Die foto's van die Leeurivier en die Intercape-bus is afkomstig van Reën in Namibia se Facebook-blad.

Soortgelyk

 

Chasing your dream

13 ure gelede | Mense

Ester Kamati Aina Johannes completed her matric at Windhoek High School in 2015 and is currently pursuing her studies in marketing management at the International...

Kinderverkragter: ‘Ek is skuldig’

13 ure gelede | Howe

Francoise Steynberg - Die 50-jarige Jeremia van Wyk het gister skuldig gepleit op die verkragting en ontvoering van ’n vyfjarige meisie. Pas nadat Van Wyk gisteroggend van...

/Khomani wil verskeie Khomas-plase onteien

13 ure gelede | Politiek

Catherine Sasman - Die /Khomani-gemeenskap eis nie net die onteiening van plekke soos Dordabis, Aub en Omitara omdat dit aan hul voorvaders behoort het nie,...

Windhoekers kniediep in die skuld

13 ure gelede | Regering

Denver Kisting – Die Windhoekse stadsraad (CoW) het gister by monde van sy woordvoerder, mnr. Harold Akwenye, bevestig hul debiteure skuld hulle bykans N$900 miljoen...

Weer vir 6 Augustus 2019

13 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie warm in die Noordooste. Elders sal dit sonnig en baie warm wees, maar matig tot warm in die Suide. Dit...

Maltas Club reaches out

13 ure gelede | Onderwys

Ester KamatiIn conjunction with First National Bank (FNB) Namibia, the University Centre for Studies in Namibia (Tucsin) and Dinapama Manufacturing and Supplies, the Maltas Club...

Making science easier

13 ure gelede | Onderwys

Justicia Shipena B2Gold Namibia, in collaboration with the education ministry, officially launched the flagship Little Shop of Physics (LSOP) teacher programme on 2 August...

Embracing differences

13 ure gelede |

Justicia Shipena As a way of bringing together and uniting the different cultural groups within the International University of Management (IUM) community,...

Peer-to-peer conversations

13 ure gelede | Skole

Ndakondja Uusiku Motivations will host the first-ever Purposeful Camp for teenagers aged between 15 and 19 from 28 November to 4 December 2019 at the...