Aardbewing skud Karibib-omgewing
Aardbewing skud Karibib-omgewing

Aardbewing skud Karibib-omgewing

Die tweede aardbewing in minder as twee maande het verlede week naby Karibib voorgekom.
Elvira Hattingh
Elvira Hattingh - ’n Aardbewing, wat sowat 3,9 op die Richterskaal gemeet het, het Donderdag omstreeks 01:46 sowat 85 km suid van Karibib voorgekom.

Die ministerie van myne en energie het die inligting bevestig en sê ses van hul seismiese stasies het dit opgetel, naamlik die in Windhoek, en op Kamanjab, Opuwo, Karibib, Aus en Ariamsvlei.

“Die aarbewing het sy oorsprong vlak in die aardkors gehad teen ’n diepte van minder as 10 km. ’n Naskok is ook om 04:13 op dieselfde plek geregistreer,” het me. Gloria Simubali, die adjunk- uitvoerende direkteur van die ministerie se Geologiese Opname gesê.

Sy het mense in ’n verslag gewaarsku om in die geval van ’n aardbewing te probeer om na buite te gaan of binne deurkosyne te staan of onder tafels skuiling te soek.

“As jy buite geboue is, vind ’n oop plek weg van geboue, bome en kraglyne. Bly weg van vensters en pas op vir voorwerpe wat kan val,” het sy gesê.

Dit volg ná ’n aardbewing van 4,7 op die Richterskaal vanjaar op 26 Mei in die Etosha Nasionale Park voorgekom het.

Namibië se noordooste is bekend daarvoor dat ligte aardskuddings soms daar voorkom.

Verlede jaar op 26 Junie het ‘n aardbewing ook op Omaruru voorgekom. Dit het toe 3,6 op die Richterskaal gemeet en het ligte skade aan die dorp se Rooms Katolieke Walfdrieden-sendingstasie aangerig.

Me. Mako Sitali, ‘n geowetenskaplike verbonde aan die Geologiese Opname, het voorheen aan Republikein gesê gewoonlik word aardskuddings wat minder as 4 op die Richterskaal meet, nie as ernstig beskou nie omdat dit nie eintlik groot skade aanrig nie.

Republikein het ook in November 2018 berig dat ‘n aardbewing wat 3,7 op die Richterskaal gemeet het, in die Anker-gebied in die noordweste van die land voorgekom het.

Sitali het toe gesê daar het tussen Maart en November reeds vyf beduidende aardbewings in die gebied voorgekom – almal het tussen 4,1 en 4,6 op die Richterskaal gemeet. Die ministerie van myne en energie sê egter aardbewings is 'n seldsame gebeurtenis in Namibië. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 18km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!