Aanvaller skuil in voëlnes

Drie werkers is in hegtenis geneem ná ’n bejaarde man erg aangerand en beroof is.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht – Drie verdagtes was gister agter tralies ná ’n aanval op ’n bejaarde boer, sy vrou en een van die werkers op hul plaas.

Mnr. Andries van Vuuren (75) is vasgebind en erg aangerand, terwyl sy vrou, Nina (75), en ’n plaaswerker ook volgens die polisiewoordvoerder adj.komm. Edwin Kanguatjivi vasgebind is.

Die aanval was op die plaas Kentanie naby Kalkrand in die Marientaldistrik.

Volgens Kanguatjivi is die drie verdagtes werkers op die plaas, waarvan twee net een dag lank daar gewerk het.

Nina is in die tuin oorval en vasgebind. Sy kon daarin slaag om haar los te wikkel en het haarself in die plaashuis gaan toesluit, vanwaar sy bure om hulp gebel het.

’n Groep boere wat toevallig besig met ’n boereverenigingvergadering was, kon vinnig op haar noodroep reageer.

Van Vuuren is vermoedelik oorval toe hy met ’n voertuig op die plaas besig was om voer onder sy diere uit te deel.

Hy is met bale draad in ’n voerbak vasgemaak en erg aangerand. Die drie verdagtes het daarná met sy voertuig op die vlug geslaan.

Die verdagtes het noord van Kentani oor Kaukerus in die rigting van Cowdray beweeg, waar van die boere en lede van die buurtwag ’n voertuig dwarsoor die Uhlenhorst-Rehobothpad pad geparkeer het in ’n poging om die verdagtes in hul spore te stuit.

Bure het die verdagtes ook met twee voertuie agternagesit, wat met Van Vuuren se voertuig gevlug het. Dié se bande is stukkend geskiet en twee van die verdagtes is vasgetrek. ’n Derde het egter wes, in die rigting van Kalkrand, gehardloop.

Alle polisie-eenhede, wat die lug- en honde-eenheid insluit, is ontplooi en die derde verdagte is teen die middaguur vasgetrek waar hy in ’n versamelnes in ’n kameeldoringboom weggekruip het.

Intussen het die Gesamentlike Misdaadvoorkomingsforum (JCPF) by monde van sy voorsitter sy dank teenoor die gemeenskap, die polisie, en die Hardapstreekgemeenskap vir hul samewerking en vinnige optrede uitgespreek.

“Ons is dankbaar die Van Vuurens is buite lewensgevaar en ons is dankbaar vir die toegewyde individue en dissipline wat daartoe gelei het dat die verdagtes voor die gereg gebring is,” het mnr. Thinus Pretorius namens die JCPF in ’n verklaring gesê.

Volgens Kanguatjivi sal die drie verdagtes onder meer op aanklagte van roof in die hof verskyn.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!