Aansoeke vir kunste-noodfonds sluit binnekort

03 September 2020 | Kuns en vermaak
Yandi du Plessis



Die Namibiese Kunsteraad (NACN) se Covid-19-verligtingsfonds is in Juniemaand vanjaar van stapel gestuur met die doel om diegene in die kuns- en kultuurbedryf wat swaar trek onder die impak van die Covid-19-pandemie te ondersteun.

’n Totale bedrag van N$5,5 miljoen is begroot vir hierdie fonds onder die vaandel van die ministerie van onderwys, kuns en kultuur.

Individuele kunstenaars, asook enige individu, groep of geregistreerde organisasie wat deel vorm van die kuns- en kultuurbedryf kan om hulp van dié fonds aansoek doen.

Die NACN het onlangs aangekondig dat ’n verdere N$608 050 goedgekeur is vir die derde rondte van die NACN se tydelike kuns- en kultuur-hulpfonds.

Die goedgekeurde bedrag sal die suksesvolle aansoekers, wie se lewensbestaan in gedrang geplaas is deur die Covid-19-pandemie en gepaardgaande inperking, se projekte en programme finansier.

Sedert die fondsaansoeke in Julie 2020 geopen is, het die NACN ’n totale bedrag van N$1 252 350 goedgekeur om projekte deur individue, groepe of organisasies te finansier.

’n Bykomende N$1,1 miljoen is goedgekeur om die Namibiese openbare en nasionale kuns- en kultuurinstellings se programme te finansier.

Altesaam 25 aansoeke is sover goedgekeur. Die N$608 050 sal verdeel word tussen 16 individue, vyf groepe en vier organisasies. Dit bring die totaal van suksesvolle fondsaansoeke op 49 te staan.

Die 49 suksesvolle aansoeke bestaan uit 27 individue, 11 groepe en 11 organisasies.

Die derde rondte se suksesvolle aansoeke is as volg:

INDIVIDUE (N$2 000 elk)

1. Willem Boois - Bethanie, ||Karasstreek

2. Tjantindi Mundingandu, Khomas

3. Elisia Nghidishange, Ohangwena

4. Maria Mbereshu, Khomas

5. Elma Khuruses, Otjozondjupa

6. John Kalunda, Kavango-Oos

7. Franzis Arts, Khomas

8. Elvis Garoeb, Khomas

9. Narib Carl, Erongo

10. Kantewa Hendrick, Oshana

11. Isaak Michelle, Khomas

12. Ester Tanises, Erongo

13. Lusse Isabel, Erongo

14. Hangula Francina Ndona, Erongo

15. Erlank Alvin, Omaheke

16. Aili Mvula Kleopas, Otjozondjupa

GROEPE

1. Jackson Wahengo Band: N$75 000, Khomas

2. Besquare Karamba: N$50 000, Kavango-Wes

3. Deadly Ground: N$75 000, Khomas

4. Rudolph Seibeb: N$75 000, Otjozondjupa

5. Kasojetua Youth Group: N$10 000, Omaheke

ORGANISASIES

1. Plain Media Cc: N$66 100, Oshikoto

2. Luktos Improve Theatre: N$75 000, Khomas

3. Elly Moo Productions: N$74 950, Oshana

4. Kongoma Dance Group: N$75 000, Khomas

Dit bring die totale hersiene aansoeke op 123 te staan. Die uitslae van die volgende aansoekrondtes word op 17 September, 1 en 15 Oktober bekend gemaak.

Aansoeke om finansiering na die fonds is oop tot 30 September, wat beteken individuele kunstenaars, kuns- en kultuurregistreerde groepe en organisasies het nog sowat ’n maand tyd.

- [email protected]

Soortgelyk

 

Min kans vir vlieg na SA

1 uur gelede | Toerisme

Ronelle Rademeyer - Hoewel Suid-Afrika Donderdag sy grense vir besoekers uit goedgekeurde lande, waaronder Namibië, heropen, moet Namibiërs vir eers verlief neem met die feit...

Remaining powerful through education

1 uur gelede | Mense

Ester Kamati With a key interest in space science and the history of science, watching videos on these topics is Hosea Hashili’s favourite pastime. Hasili...

Weer, Dinsdag 29 September 2020

1 uur gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en warm tot baie warm, maar baie warm in die Noorde. Enkele wolke sal na verwagting oor die Zambezistreek voorkom.KUS: Gedeeltelik bewolk en...

Vroeggebore tweeling sterk goed aan

1 uur gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht - Twee maande nadat hulle te vroeg op 27 weke in die Lady Pohamba Private Hospitaal in Windhoek gebore is, kan die ouers...

Nuwe Fenata-voorsitter vanuit ontluikende toerismebedryf

1 uur gelede | Toerisme

Francoise Steynberg - Geskiedenis is gemaak toe die nuwe voorsitter van die Namibiese Toerismevereniging (Fenata), me. Netumbo Nashandi, vir die eerste keer uit die geledere...

Onopgeloste verdwynings, moorde stapel op

1 uur gelede | Misdaad

Ellanie Smit – Terwyl die familie van die 22-jarige me. Shannon Darlikie Wasserfall met die trauma van haar verdwyning ses maande gelede worstel, dreig die...

One ­Africa TV ­partners with NMH

1 uur gelede | Onderwys

Distributed through Namibia Media Holdings' (NMH) youth brand, My Zone, the newly added grade zero to seven lessons form part of a ­collaboration with the...

A look at National Readathon, Heritage Week

1 uur gelede | Onderwys

Enzo AmueleThe National Readathon and Heritage Week, which were launched by the minister of education, arts and culture Ester Nghipondoka, took place last week.The Readathon...

Dagboek vir die landbouer

1 uur gelede | Landbou

Agra ProVision se kursusseAgra ProVision bied van 5 tot 8 Oktober 'n kursus oor plaasbestuur in Windhoek aan en daarna van 6 tot 8 Oktober...