Aansoeke vir Britse Chevening-beurse open
Aansoeke vir Britse Chevening-beurse open

Aansoeke vir Britse Chevening-beurse open

Estelle de Bruyn
Die Chevening-sekretariaat het aansoeke begin aanvaar vir die Britse regering se beurs­program om in 2018-'19 in Brittanje te studeer.

Aansoeke vir dié beurse kan tussen 7 Augustus en 7 November ingedien word.

Aansoeke moet via www.chevening.org/apply gedoen word.

Volgens 'n verklaring van die Britse hoëkommissariaat in Namibië sal 10 Namibiese studente vir die beurse in aanmerking kom.

Twee van die beurse word gesamentlik deur Chevening en die ­Petrofund aangebied.

Die program ken beurse toe aan uitstaande presteerders met leier­skappotensiaal van dwarsoor die wêreld om ten volle ­gefinansierde nagraadse kursusse aan Britse ­universiteite te doen. Toekennings aan Namibiërs is gewoonlik vir jaar lange meestersgrade aan enige ­universiteit in Brittanje.

Terwyl hulle studeer, sal ­studente toegang tot 'n uiteenlopende reeks eksklusiewe akademiese-, professio­nele- en kulturele geleenthede hê.

Meer as 1 500 beurse word vir 2018-'19 wêreldwyd beskikbaar gestel en is 'n betekenisvolle belegging deur die Britse regering in die ontwikkeling van toekomsleiers, lui die verklaring van die hoëkommissariaat.

Me. Jo Lomas, Brittanje se hoëkommissaris in Namibië, sê: “Dit is 'n fantastiese geleentheid om Brittanje en Namibië se opvoedkundige bande te versterk en Namibië se toekomstige leiers die geleentheid te bied om hul curriculum vitae 'n hupstoot te gee.

“Die Namibiese Chevening-alumni is 'n klomp talentvolle, deurdagte en energieke mense wat vasberade is om hul studies te gebruik om 'n verskil in Namibië te maak.

“Om deel van die Chevening-netwerk te wees, bring 'n gevoel van trots en verantwoordelikheid mee. Ek het persoonlik gesien hoe hierdie geleentheid mense se lewens verander.

“Ek moedig dus meer Namibiërs aan om die geleentheid aan te gryp om aan sommige van die wêreld se beste universiteite te gaan studeer.”

Die 10 suksesvolle kandidate wat vir studies in Brittanje in die 2017-'18 akademiese jaar gekies is, vertrek aan die einde van Augustus of vroeg in September na die onder­skeie universiteite.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Luton Town 1 vs 5 Brentford | Sheffield United 1 vs 4 Burnley LaLiga: Rayo Vallecano 2 vs 1 Osasuna | Celta Vigo 4 vs 1 Las Palmas | Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Cardiff City 2 vs 1 Southampton | Sunderland 0 vs 1 Millwall FC | Huddersfield Town 0 vs 4 Swansea City | Stoke City 3 vs 0 Plymouth Argyle | Watford 0 vs 0 Hull City | Norwich City 1 vs 1 Bristol City | Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion English Championship: Cardiff City 2 vs 1 Southampton | Sunderland 0 vs 1 Millwall FC | Huddersfield Town 0 vs 4 Swansea City | Stoke City 3 vs 0 Plymouth Argyle | Watford 0 vs 0 Hull City | Norwich City 1 vs 1 Bristol City | Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!