Aansoeke om vrystelling pla Nghimtina
Catherine Sasman
Die minister van arbeid, nywerheidsbetrekkinge en werkskepping, mnr. Erkki Nghimtina, sê hy is erg omgekrap oor die toenemende aansoeke van maatskappye om daarvan vrygestel te word om Namibiërs as plaasvervangers vir buitelanders op te lei.
“Die doel van uitgewekenes in die land is die oordra van vaardighede. Selfs as ek nié vrystelling aan die maatskappye verleen nie, is daar geen stelsel om te verseker dat Namibiese plaasvervangers geïdentifiseer word nie,” het Nghimtina gesê.
Ingevolge die Wet op Regstellende Aksie van 2008 kan maatskappye aansoek doen om vrygestel te word daarvan om buitelandse kenners met Namibiërs te vervang.
Nghimtina het dié opmerkings tydens die uittrede van die arbeidsadviesraad (LAC) op 23 Februarie gemaak.
Hy het die hoop uitgespreek dat die nuwe raad, wat in Maart aangestel gaan word, 'n beleidsriglyn sal voorstel wat die oordrag van vaardighede aan Namibiërs sal verseker.
Gedurende die uittredende raad se termyn het Nghimtina aanstellingskriteria vir bemiddelaars en arbiters onderskryf.
Daar is tans 45 arbiters en ses bemiddelaars.
Die raad het ook aanbevelings gemaak vir die bekragtiging van vier konvensies van die Internasionale Arbeidsorganisasie (ILO) sowel as die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) se protokol vir arbeid en indiensneming.
'n Drieledige taakmag is ook gestig om die wysigings aan die Arbeidswet van 2007 te lei.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie