Aansoek vir toerisme-ontwikkeling by Meobbaai
Slegs ’n gebied van twee hektaar in die Namib- Naukluft Nasionale Park sal geraak word.
Francoise Steynberg - Die Namab-toeragentskap het planne om Meobbaai as toeristeaantreklikheid te ontgin.
Die agentskap het ‘n aansoek vir ‘n omgewingsklaringsertifikaat vir die bou van ‘n toerisme-ontwikkeling by Meobbaai by die omgewingskommissaris van die ministerie van die omgewing en toerisme ingedien.
Volgens ’n kennisgewing van Knight Piésold Consulting sal die ontwikkeling in die Namib- Naukluft Nasionale Park ‘n luukse lodge behels, met 10 luukse eenhede uit hoofsaaklik hout, aluminium en liggewig staal, asook ‘n restaurant en ontvangsarea.
Die ontwikkeling sal ook uit ‘n tentekamp met 20 tentchalets en ‘n kombuis bestaan.
Die ontwikkelingsvoetspoor sal slegs ’n gebied van twee hektaar beslaan.
Na verwagting sal die meeste gaste na die vliegveld by Fischersbrunn ingevlieg word en dan met ’n 4x4-voertuig op gevestigde paaie na die lodge vervoer word.
Toegang tot die lodge is ook van Kanaan, Elim en Walvisbaai af moontlik.
Meobbaai is sowat 190 km suid van Walvisbaai en sowat 220 km noord van Lüderitz langs die Namibiese weskus in die Namib- Naukluft Nasionale Park geleë.
Alle belanghebbendes en geraakte partye word genooi om te registreer en aan die openbare proses deel te neem.
Vir meer besonderhede oor die projek, kontak mnr. Willem Knouwds by (061) 307-297 of [email protected].

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie