Aankoop van ontsoutingsaanleg u2019n dringende saak
Aankoop van ontsoutingsaanleg u2019n dringende saak

Aankoop van ontsoutingsaanleg ’n dringende saak

Elvira Hattingh
Die regering se planne om te onderhandel oor die aanskaffing van die Areva Erongo-ontsoutingsaanleg het begin, het die minister van inligting en kommunikasietegnologie, mnr. Tjekero Tweya, gesê.
Hy het die nuus verlede Vrydag tydens ’n mediakonferensie oor die jongste kabinetsvergadering bekend gemaak.
Die regering het enkele jare gelede bekend gemaak dat dit die Areva-mynmaatskappy, wat in Franse besit is, se ontsoutingsaanleg wou koop. Die aanvanklike hoop was dat die aanleg reeds vanjaar water sal kan verskaf, terwyl langtermynplanne aanvullende ver­skaffing van water aan kusdorpe en nywerhede in Erongo insluit.
Die kabinet het ook ’n tesouriers-kabinetskomitee goedgekeur, wat die gedetailleerde finansiële implikasies sal uitwerk wat die aankoop betref. Die komitee moet ’n verslag oor oorhoofse beleide en prioriteite by die kabinetskomitee indien, wat dit op sy beurt aan die kabinet vir ’n finale besluit sal oorhandig.
Tweya het gesê dié kabinetskomitee sal twee moontlikhede in ag neem wat die regering as ’n oplossing vir die verskaffing van water beskou.
Die ontsoutingsaanleg is die grootste van sy soort in Suider-Afrika en is 30 km buite Swakopmund by Wlotzkasbaken geleë. Dit is in 2010 in werking gestel om drinkwater aan die Trekkopje-uraanmyn te lewer.
Tweya het gesê die rede waarom die finansiële implikasies eers onder die loep geneem word voordat dit na die kabinetskomitee verwys word, is sodat vroegtydig opgetree kan word om die waterkrisis te bestuur.
“Die idee is dat ons nie onkant betrap moet word nie,” het hy gesê. Hy het bygevoeg dat die onderhandelinge oor die aankoop van die aanleg as ’n dringende saak beskou word, terwyl die regering steeds werk om die droogte en watertekort die hoof te bied.
– Nampa

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!