Aan Basterkaptein John McNab

06 December 2018 | Menings
AD VAN WYK SKRYF:

Geagte Kaptein John McNab.

Na aanleiding van u persverklaring gepubliseer in Republikein van Woendag 28 November 2018 kon ek nie anders as om aan u terug te skrywe nie.

As lid van die Rehoboth Baster Gemeente (RBG) voel ek baie teenstrydig met u verklaring. Ek het gemengde gevoelens weens 'n klomp sake wat u deurgaans tydens u bewind van 19 jaar nie uitgevoer het nie, en daarbenewens toegelaat het dat die RBG-erfenis van die erfgename vervreem is en hulle sodoende verontreg is, om maar 'n paar kwessies op te noem.

Feite lees as volg: Rehoboth se boedel van die RBG is 'n soewereine staat in Namibië en nie 'n provinsiale gebied van Namibië nie, soos Lesotho.

Myns insiens het Rehoboth nog nooit deel uitgemaak van Namibiese grond nie. Rehoboth is 'n staat op sy eie, en so moet dit behoue bly.

Nie eens die SWA-regering kon die grense van Rehoboth verskuif nie. So het die huidige Swapo-regime ook nie die reg gehad om die grense van Rehoboth te skuif nie.

In hierdie verband neem ek die huidige kaptein en sy raad as trustees kwalik hou hulle verantwoordelik omdat hulle hul plig versuim het deur die RBG nie in kennis te stel van sodanige verwikkelinge nie. My gevoel is dat sameswering plaasgevind het deur nie die situasie aan die gemeente bekend te maak nie.

Tydens die bewind van kaptein Hans Diergaardt het hy telkemale in vergaderings die “belangrikheid” beklemtoon dat die Basters van Rehoboth 'n inheemse volk is, en so moet bly.

Hulle mag hulle nie meng met ander politieke partye en deel hê aan stemmery nie. Sodoende word hulle erfenis bewaar en het hulle die Vaderlike Wette as wetgewing wat hulle kan gebruik as regstelsel.

Met dit in gedagte vra ek u wat moet die Ombudsman van die Swapo-regime maak in 'n boedel van die RBG as die kaptein die soewereiniteit het om sake rakende die gemeente te hanteer?



PLIGSVERSUIM

Voor u as kaptein verkies was, was daar alreeds 'n agterstallige kwota werk van die voormalige kaptein wat u moes afgehandel het.

Daar is gemeentelede van die jare tagtig wat nog steeds wag op hulle burgererwe. Dit het net doodgeloop. Ek wil weet wat het geword daarvan?

U sê: “Die Namibiese Staat onderneem per konstitusionele orde om die waardigheid van elke individu te bevorder?"

Swapo bevorder China en nie eens die Namibiese kind nie.

Wat loop soek u daar, terwyl daar gemeentelede is wat vir meer as 20 jaar in haglike behuisingstoestande lewe? Nou vra ek u met trane in my mooi, bruin oë: hoe gebeur dit? Dit terwyl die volk 'n verkose kaptein, agbare mnr. John McNab het wat verkies is om die belange van die RBG op sy skouers te dra?

'n Soewereine posisie beteken as ek byvoorbeeld die direkteur van 'n onderneming is, is ek verantwoordelik om die publiek te dien, so ook om seker te maak ek lewer 'n uitstekende diens; sien toe dat my werkers hulle werk doen en ook dat hulle beloning vir hulle dienste ontvang, want ek is daarmee toevertrou deur 'n oppergesag, sowel as die gemeenskap.

In die val van die RBG is u deur die Hemelse Allerhoogste God aangestel, en so sal u moet gaan verantwoording doen wat het u met sy volk gemaak. Hulle mislei en hulle oë met klei toegegooi en gesmeer, of wat?

Dis nie net van om in die koerant te skryf u is die verkose kaptein van Rehoboth nie, en dis nou daar klaar nie.



BURGERERWE, HULPBRONNE

EN BATES

Erwe moet verdeel word onder RBG-lede en onthou: almal wat in Rehoboth bly, is Basters, hetsy wit, swart, pienk of geel, want hulle het hul met die Vaderlike Wette vereenselwig.

Baie van die gemeente sit tot en met vandag toe sonder erwe, terwyl ontwikkelaars voordeel trek uit die sisteem wat tans deur die Rehoboth-dorpsraad toegepas word. Getroude pare huur eenslaapkamerwoonstelle en bewoon dit, wyl hulle twee tot vier kinders moet grootmaak.

Vra ek u weer: watter soort gemeenskap is u besig om te bou? Een wat 'n goeie samelewing kan voortbou, of een wat 'n slegte samelewing kan voortbou?

Om dit alles te kroon, gaan dit al vir twee generasies so. Geen leier kan so dink nie!

Minerale word ontgin en grond verkoop aan verskillende instansies wat nie deur die kapteinskantoor goedgekeur is nie, maar eerder deur Rehoboth-dorpsraad. En waarheen gaan die geld?

Vandat u aan bewind gekom het, het die kapteinskantoor toe gebly, en ek praat nou nie van die tyd van mnr. Jan van Wyk wat dit vir aangeleenthede van die United People's Movement gebruik het nie. Ek praat van die tyd na die voormalige kaptein.

Daar is gemeentesake, grondsake, besigheidsake, dorpsbestuur, water, krag, bates soos die kapteinshuis, Reho Spa, ens.

Dis belaglik dat nog nie een van hierdie onderwerpe wat ek nou lug, aandag geniet het nie. Nog niks is uit die kapteinskantoor gevra nie; dis doodstil.

Die kantoor van die kaptein is nog steeds toe. Ry nou en gaan kyk, met boonop so 'n flou verskoning van geen personeel nie. Dis pateties.

As die Herder nou sy skape bymekaar roep, wonder ek wat sal gebeur, want ek glo nie daar is nog skape wat die stem sal herken nie.

Finansiële verslae is nog nooit aan die gemeente bekend gemaak nie, maar grond word links en regs verkoop. Die kaptein weet van niks. Of hy eet saam.



DENTLINGER SE AFDANKING

Ek verneem tydens u siekte het u aan mnr. Martin Dentlinger die mandaat gegee om die waarnemende kapteinspos te beklee.

Ek moet sê, dinge het weer begin lewe in die RBG. Nie vir almal nie, maar vir die bietjie wat daar nog oorgebly het. Groot ding - die kantoor van die kaptein het weer oopgegaan. Gemeentelede kon na die radio luister en sake kon aangehoor word, wat baie belangrike inligting bevat.

Ek is van mening dat mnr. Dentlinger nie politiek saai nie, maar die waarheid praat en dis al wat nodig is. Politiek is vuil en as jy jou skuldig of vuil gemaak het, dan maak dit jou skaam om nie na vore te kom nie, of om stil te bly oor dinge wat reg is, en die waarheid toe te maak.

Maar kom ek sê vir u: daar is drie dinge wat altyd uitkom. Die son, die maan en die waarheid.

Ek het nie raakgelees dat 'n skriftelike bedanking van mnr. Dentlinger ontvang is nie, so ek sal graag 'n afdruk daarvan wil bekom wanneer die kantoor oop is, want dis vir my van belang.

Ek sien uit na u volgende RBG-vergadering, sodat ons ons sê kan sê.

Soortgelyk

 

Voorskrifte voorland vir medisyne met kodeïen

14 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht Alle medisyne in Namibië wat kodeïen bevat, gaan in die toekoms net met 'n voorskrif beskikbaar wees. Dit beteken alle medisyne wat...

Peugeot, Opel nou op Walvisbaai vervaardig

14 ure gelede | Plaaslik

Erwin Leuschner President Hage Geingob het gister amptelik die aanleg van die Franse motorvervaardiger PSA in Walvisbaai ingehuldig – en self 'n Peugeot 5008 toetsbestuur...

Lughawewerkers ruk op

14 ure gelede | Arbeid

Werknemers van die Namibië Lughawensmaatskappy (NAC) dreig om die arbeidskommissaris te nader omdat daar glo dadels van onderhandelinge oor salarisverhogings kom. Die Namibiese Vakbond...

Weer vir 6 Desember

14 ure gelede | Weer

BINNELAND: Mooi weer en bloedig warm in die noordwestelike helfte, anders gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm met 'n paar tot geïsoleerde donderbuie op...

Te min personeel, geld vir medisyneraad

14 ure gelede | Ministeries

font face="Verdana" >Henriette Lamprecht - Die prys van medisyne in Namibië is ’n rede tot “groeiende kommer”. In die lig hiervan moet die beheer van...

Windhoek: Instandhouding ’n kopseer

14 ure gelede | Regering

Augetto Graig – Windhoek se munisipale werkers is toegewy aan die instandhouding van die hoofstad se infrastruktuur ondanks struikelblokke in die aanstel van diensverskaffers. Volgens...

32 ton duiwelsklou geoes

14 ure gelede | Omgewing

Sowat 800 lede van die bewaringsgebiede Nyae Nyae en N#a Jaqna in die noordooste van Namibië het in 2018 meer as 32 ton duiwelsklou ter...

Die geheime van wiskunde ontsluit

14 ure gelede | Onderwys

Die Namibiese Wiskunde-­instituut (NMI) het op 6 en 7 November spesiale wiskundewerkwinkels vir 56 graad 7- en 8-wiskundeonderwysers van die Oshikotostreek aangebied. Die doel was...

Jagvereniging vereer uitblinkers

14 ure gelede | Ministeries

Elvira HattinghDie Namibië ­Professionele Jag­vereniging (Napha) het tydens hul 45ste jaarvergadering verlede Dinsdag wyle mnr. Frank Heger met die toekenning vir die aktiefste Napha-lid van...