A-span is u2018parallelleu2019 kabinet - KK
A-span is u2018parallelleu2019 kabinet - KK

A-span is ‘parallelle’ kabinet - KK

Estelle de Bruyn
Estelle de Bruyn - Die kredietafgradering wat Namibië van die graderingsagentskap Moody’s ontvang het, is ‘n aanduiding van die verknorsing waarin die land is.

Moody’s kan nie vir die afgradering verkwalik word nie, want hulle werk “klinies soos wetenskaplikes”. So sê die oudminister en voormalige Swapo-lid van die Nasionale Vergadering (NV), mnr. Kazenambo Kazenambo.

Hy het in ‘n gesamentlike onderhoud met Republikein en Namibian Sun die vinger na die reusesalarisrekening van die staat gewys en die regering gekritiseer vir uitgeputte reserwes.

Hy voer die vergroting van die kabinet, die vergrote NV en die aanstel van wat hy as “‘n parallelle kabinet” bestempel (pres. Hage Geingob se sogenaamde A-span-raadgewers) as redes vir die vermorsing van geld aan.

Hy sê die grootte van die bevolking regverdig nie hierdie reusestrukture nie.

“Die regering se optrede is nie in voeling met die realiteit van ‘n verlaagde inkomste uit die poel van die Suider-Afrikaanse Doeane-unie (Sacu), die internasionale verswakking van kommoditeitspryse en trae ekonomiese groei nie. Eerder as om te besnoei en te bespaar, gee hulle net meer geld uit. Hulle leen selfs geld, nie om die ekonomie te laat groei nie, maar om skuld en salarisse te betaal,” sê Kazenambo.

Hy waarsku dat Namibië op die drumpel is om hom by ander Afrikalande wat mislukte state is, aan te sluit.

“Wanneer enigiemand dit egter onder die regering se aandag probeer bring, word hy of sy van naamnoemery en kwaadstigting beskuldig.

“Een van die dae sal die Internasionale Monetêre Fonds (IMF) geen keuse hê as om in te gryp nie. Kort voor lank sal ons burgers ekonomiese vlugtelinge word. Diegene in hul lugverkoelde motors voel dit dalk nie aan nie, maar hulle is besig om die laaste bloed uit hierdie karkas te suig,” sê Kazenambo.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!