99% gerat vir leerlinge se terugkeer

Die aantal toegelate koshuisleerlinge per kamer en in eetsale is verminder om sosiale afstand te verseker.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht – Die meeste van die 342 sekondêre skole oraloor in die land is gereed om die sowat 50 000 graad 11- en 12-leerlinge ná maande weer op die skoolbanke terug te ontvang.

In die Omusatistreek wat die hoogste aantal graad 11- en 12-leerlinge het, is vyf uit die 41 senior sekondêre skole in die streek egter nie gereed om leerlinge te ontvang nie, volgens die uitvoerende direkteur in die ministerie van onderwys, kuns en kultuur, me. Sanet Steenkamp.

Volgens Steenkamp is die streek se 14 koshuise buiten vir die Onesi Senior Sekondêre Skool gereed om leerlinge te ontvang. Laasgenoemde skool, met 310 leerlinge, sukkel met ’n ondergrondse waterlek. In gevalle waar die skole en koshuise grootskaalse herstelwerk nodig het, behoort die leerlinge hopelik binne twee weke na die betrokke skole te sal kan terugkeer, het sy gesê.

Steenkamp sê N$58 miljoen is aan skole bewillig om hulle gereed te kry en wat insluit die aankoop van skoonmaakmiddels en infrarooi temperatuurmeters. Met verwysing na koshuise wat reeds voor die Covid-19-pandemie oorbevolk was en veral ’n tekort aan matrasse gehad het, sê Steenkamp N$46 miljoen is bewillig om dié kwessies te takel.

Volgens haar moet leerlinge uit Angola en Zambië tans “eers bly waar hulle is” totdat die regte syfers bekend is oor hoeveel leerlinge by watter skole geraak word.

“Vir nou word die regulasie eerbiedig wat sê die land se grense is gesluit,” het sy gesê.

Sy het verwys na die kwessie van skole wat verwag ouers moet vrywaringsvorms teken en gesê dit is ’n regsdokument en word gevolglik na die ministerie van justisie en die aanklaer-generaal verwys.

“Dit is ’n kwessie van vertroue. Ouers wil weet wie kan hulle verantwoordbaar hou sou daar iets met hul kind gebeur.”

Steenkamp sê ook die N$600 miljoen wat aan die ministerie bewillig is, sal gebruik word om onder meer water aan skole te voorsien en ook koshuise op te knap.

Volgens haar sal 49 348 maskers aan leerlinge versprei word. Streke soos Omaheke, Kunene, Zambezi en Oshikoto het dit reeds ontvang, terwyl die res dit teen vandag sou ontvang het. Skole sal ook termiese koorsmeters ontvang.

Die adjunk uitvoerende direkteur, me. Edda Bohn, het op haar beurt gesê die meeste skole het tydens ’n opname beklemtoon hulle wil graag die akademiese jaar voltooi. Graad 11- en 12-leerlinge sal met die nuwe kalender wat op 18 Desember eindig nou 178 skooldae teenoor die aanvanklike 196 dae hê. Bohn sê leerlinge sal voldoende vir die eksamens voorberei word, met Saterdae wat wel deur sekere skole hiervoor gebruik sal word al is dit nie verpligte skooldae nie.

Volgens haar het die meeste skole reeds 60% van die leerplan voltooi.

Bohn sê sou ’n klas tevore 40 leerlinge geakkommodeer het, sal dit nou in twee groepe verdeel word. Die twee groepe sal dan op alternatiewe dae of tye onderrig ontvang.

“Sowat 30% van die leerplan is verwyder, wat beteken onderwysers is nie verplig om hierin onderrig te gee nie. Hulle kan dus speel met die tyd wat hulle weekliks beskikbaar het om inhoud te dek,” het sy gesê. Vereistes vir bevordering in ’n graad is ook volgens Bohn aangepas.

• Intussen berig Mariselle Stofberg ná ’n ter plaatse ondersoek aan Huis Dreyer, die seunskoshuis van Windhoek Hoërskool (WHS), asook Hoërskool Delta in Windhoek is bevind dat dié koshuise gerat is om leerlinge te ontvang.

Beide koshuise het inspeksies in dié verband geslaag.

By albei koshuise word alle persone (leerlinge en onderwysers ingesluit) wat deur die hekke beweeg se temperatuur gemeet en hul hande ontsmet. Toegang word geweier sou ’n persoon se temperatuur meer as 38 grade is. Handreinigers is oral beskikbaar, terwyl leerlinge ten alle tye hul maskers moet dra.

Koshuise moet ook lyste gereed hou vir kontakbesonderhede van almal wat op die koshuisgronde beweeg om dit moontlik te maak om kontakte vinnig op te spoor, sou ’n koshuis ’n Covid-19-geval aanmeld.

Die aantal leerlinge per kamer is ook verminder, terwyl dié wat per tafel in eetsale aansit, ook beperk word. Duidelike merkers is ook in plek waar leerlinge moet staan wanneer hulle sou kos opskep. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma | AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Currency: GBP to NAD 23.75 | EUR to NAD 20.39 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 19.01 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.41 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.01 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 334.48/OZ UP +0.78% | Copper US$ 4.51/lb UP +1.76% | Zinc US$ 2 867.60/T UP 0.22% | Brent Crude Oil US$ 88.86/BBP UP +0.98% | Platinum US$ 914.78/OZ UP +1.40% Sport results: Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma | AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.75 | EUR to NAD 20.39 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 19.01 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.41 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.01 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 334.48/OZ UP +0.78% | Copper US$ 4.51/lb UP +1.76% | Zinc US$ 2 867.60/T UP 0.22% | Brent Crude Oil US$ 88.86/BBP UP +0.98% | Platinum US$ 914.78/OZ UP +1.40%