98 merkers se reis- en verblyftoelae nog nie betaal
Henriette Lamprecht
Uit 'n totaal van 3 003 mense wat deur die ministerie van onderwys, kuns en kultuur aangestel is om eksamenvraestelle te merk, is 98 se reis- en verblyftoelae nog nie betaal nie.
Volgens 'n verklaring deur die ministerie is eise vir die reis- en verblyftoelae van 2 646 merkers uit 'n totaal van 3 003 ontvang.
Hiervan is 2 622 eise deur die direktoraat van nasionale eksamens en evaluering (DNEA) verwerk, met 2 548 eise wat reeds uitbetaal is.
Volgens die permanente sekretaris, me. Sanet Steenkamp, is 'n totaal van 74 eise by die departement van finansies vir verifiëring en goedkeuring.
'n Verdere 24 eise is na die ministerie van finansies gestuur vir die skep van verskafferskodes en 'n opdatering van bankbesonderhede. Betaling van dié eise is afhanklik van bogenoemde kodes en die ministerie van finansies se bankbesonderhede.
Steenkamp sê die direktoraat is tans besig met die verifiëring en afteken van merk- en toesighoufooie en het begin om eise na die streke te stuur vir betaling van merkers en toesighouers by deeltydse sentrums.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie