95 nuwe gevalle, 8 569 herstel
Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste sê 8 569 mense het tot op hede van Covid-19 herstel. Dit sluit die 87 van vandag in wat insluit 51 in Khomas, 28 in Hardap, sewe in //Kharas en een in Omusati.
Shangula het 95 nuwe Covid-19-gevalle aangekondig wat 59 mans en 36 vroue insluit. Die jongste is vier jaar oud en die oudste 67 jaar oud. Uit die 95 nuwe gevalle was 29 in Mariental, ses in Rehoboth, 33 in Windhoek, ses in Walvisbaai, twee in Omaruru, sewe in Oshakati, drie in Karasburg, twee elk in onderskeidelik Onandjokwe en Eenhana en een elk in onderskeidelik Lüderitz, Omuthiya, Okongo, Gobabis en Katima Mulilo.
Uit die 2 147 aktiewe gevalle is 15 baie ernstig of kritiek. Dit sluit een baie ernstige en drie kritieke gevalle in Erongo en drie baie ernstige en agt kritieke gevalle in Khomas in.
Huidig word 9 757 kontakte gemonitor, 93 964 weefselmonsters is tot op hede getoets en 1 089 mense is in kwarantyngeriewe oraloor in die land. Die sterftesyfer staan op 119.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie