9 leerlinge brand dood in koshuis
Nege leerlinge is dood in 'n brand in 'n koshuis van 'n hoërskool in die suide van Uganda.
Die brand is vermoedelik gestig deur leerlinge wat weens wangedrag uit die St. Bernard Maya Sekondêre skool geskors is, sê Patrick Onyango, 'n woordvoerder van die polisie.
Volgens Onyango het die geskorste leerlinge tussen middernag en 01:00 Maandag teruggekom en die brand gestig.
Daar is sowat 130 leerlinge in die koshuis. Dit is nog nie bekend hoeveel leerlinge beseer is nie.
Brande by skole in Uganda, meestal in koshuise, neem toe.
In 2008 is 21 leerlinge dood in 'n brand in 'n vooraanstaande laerskool naby die hoofstad, Kampala.
Die oorsaak is nie bepaal nie.
Veiligheidswagte blameer dikwels elektriese foute, hoewel daar in sommige gevalle aanduidings van brandstigting is.
Ondersoeke deur die polisie duur jare en word selde voltooi, terwyl verdagtes dikwels nie vervolg word nie.
– Netwerk24/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie