9 dood toe vliegtuig neerstort
Nege mense is Sondag dood nadat hul vliegtuig naby Umea in Swede geval het. Hulle was op pad om te gaan valmskermspring toe die ongeluk gebeur het.
Peder Jonsson, polisiewoordvoerder, sê die vliegtuig het kort nadat dit opgestyg het op ’n eiland naby die Ume-rivier neergestort. Hy sê al die passasiers aan boord sou gaan valmskermspring het.
Die polisie sê al die slagoffers is van Swede en een persoon het dubbele burgerskap gehad.
Stefan Lofven, Swede se premier, sê die regering is in kontak met die betrokke owerhede wat die oorsaak van die ongeluk moet bepaal.
Axel Pettersson (16), wat naby die lughawe woon, het beeldmateriaal van die ongeluk uit sy huis geneem.
Hy het ’n vreemde geluid gehoor terwyl hy gesit en eet het, waarna hy buitentoe gehardloop en ’n video begin neem het.
“Ek het net ’n harde slag gehoor en toe het alles ewe skielik stil geraak,” sê Pettersson.
Hy het dadelik sy ouers gebel, waarna hulle die nooddienste gekontak het.
Ooggetuies het aan die Sweedse media gesê dat hulle kon sien hoe van die valskermspringers uit die vliegtuig probeer spring het, berig The Mirror. – Netwerk24/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie