• Tuisblad
  • Sport
  • 7’s-kansellasie: Saru minstens R30 miljoen armer
7u2019s-kansellasie: Saru minstens R30 miljoen armer
7u2019s-kansellasie: Saru minstens R30 miljoen armer

7’s-kansellasie: Saru minstens R30 miljoen armer

Sewesrugby
Marnus Kok – Die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) het die afgelope twee seisoene jaarliks meer as R30 miljoen wins gemaak as gasheer van die Kaapstad-sewestoernooi.
Met Wêreldrugby wat Woensdag aangekondig het dat dié gewilde toernooi in die Moederstad – en Dubai ’n week voor dít – weens die Covid-19-pandemie afgelas is, sal dit ’n yslike gat in Saru se beursie los.
Vanjaar se toernooi sou van 4 tot 6 Desember in Kaapstad plaasgevind het. Dit val tradisioneel in die vakansietyd wanneer toeriste na die Wes-Kaap stroom – wat beteken dat die stadion dikwels stampvol is.
In 2018 het Saru ’n inkomste van R74,7 miljoen uit die aanbied van die byeenkoms verdien en verlede jaar was dit R80,3 miljoen. Dié syfers is vervat in Saru se jaarverslag vir 2019.
Die bedryfsuitgawes vir die toernooi in 2019 (R46,6 miljoen) was effens meer as die vorige jaar (R36,9 miljoen). Dit het beteken dat Saru ’n wins van meer as R33 miljoen in 2019 gemaak het uit die Kaapse skouspel, teenoor amper R38 miljoen in 2018.
Die effens kleiner wins in 2019 is straks daaraan te wyte dat die toernooi verlede jaar die eerste keer oor drie dae beslis is en ook ’n vrouetoernooi – wat uit 12 spanne bestaan het – ingesluit en dus meer uitgawes beteken het.
In 2019 het altesaam 119 539 toeskouers die drie dae deur die hekke by die Kaapstad-stadion gestroom, teenoor die 107 905 in 2018.
Behalwe vir die verlies aan inkomste vir Saru, sal die toernooi se kansellasie ook ’n geweldige terugslag vir die Wes-Kaapse toerismesektor wees.
Dié bedryf sukkel reeds om te midde van die Covid-19-pandemie kop bo water te hou, en hoop straks dat die vakansieseisoen – met die Kaapstad-sewestoernooi wat ’n belangrike deel hiervan sou uitmaak – aan die einde van die jaar sake effens kan beredder.
Dan Plato, burgemeester van Kaapstad, sê dit was te wagte dat vanjaar se sewestoernooi in die Moederstad nie sou kon plaasvind nie gegewe die situasie rondom die koronavirus.
“As die Kaapstad-metro is ons uit die aard van die saak teleurgesteld dat die sewes nie vanjaar hierheen gaan kom nie, aangesien dit nie net een van die voorste plaaslike byeenkomste is nie, maar ook ’n diverse verskeidenheid mense wat ’n liefde vir sport deel na die stad bring.
“Daarby gee dit die stad se ekonomie ’n inspuiting van meer as R700 miljoen.”
Volgens Geoff Jacobs, president van die Kaapse Kamer van Koophandel en Nywerheid, is dit moeilik om die verlies te kwantifiseer.
“Die (vorige) sewestoernooie het duisende plaaslike ondersteuners en internasionale toeriste gelok, so dit is voor die hand liggend dat die lugrederye, hekinkomste, die hotelle, B&B’s, die algemene finansies van Saru, die inkomste uit advertensies, sowel as die kos- en drankmaatskappye, almal deur die kansellasie van vanjaar se toernooi geraak word.
“Dit is nie maklik om die verlies in syfers om te sit nie. Die vermenigvuldiger-effek van elke rand wat deur ’n toeris bestee word moet in ag geneem word, sowel as die finansiële voordeel van heffings, belasting en aksynsbelasting – dit alles val vanjaar weg,” sê Jacobs.
Donald Kau, woordvoerder van die V&A Waterfront, wat ’n klipgooi van die Kaapstad-stadion is, sê hulle baat onder normale omstandighede beslis deur toeskouers wat kom rugby kyk.
“Die teenwoordigheid van die sewestoernooi oor daardie naweek is ’n geweldige inspuiting vir handel in die V&A, omdat rugbyondersteuners dikwels as ’n familie ons sal besoek om ’n ete te geniet, die aantreklikhede wat ons het te besigtig en selfs inkopies te doen terwyl hulle hier is.
“Die toernooi word tradisioneel beslis aan die begin van die somervakansie, wanneer meer as 80 000 mense die V&A daagliks besoek. Die toernooi dra aansienlik by tot hierdie getalle,” sê hy. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Fulham 1 vs 3 Liverpool | Aston Villa 3 vs 1 Bournemouth | Crystal Palace 5 vs 2 West Ham | Everton 2 vs 0 Nottingham Forest | Wolves 0 vs 2 Arsenal | Luton Town 1 vs 5 Brentford | Sheffield United 1 vs 4 Burnley LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca | Real Madrid 3 vs 2 Barcelona | Deportivo Alaves 2 vs 0 Atletico Madrid | Almería 1 vs 2 Villarreal | Getafe 1 vs 1 Real Sociedad | Girona 4 vs 1 Cadiz | Valencia 1 vs 2 Real Betis | Rayo Vallecano 2 vs 1 Osasuna | Celta Vigo 4 vs 1 Las Palmas SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna | Monza 1 vs 2 Atalanta | Salernitana 0 vs 2 Fiorentina | Torino 0 vs 0 Frosinone | Sassuolo 0 vs 3 Lecce | Hellas Verona 1 vs 0 Udinese | Empoli 1 vs 0 Napoli European Championships Qualifying: Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday | Queens Park Rangers 1 vs 0 Preston North End | Norwich City 1 vs 1 Bristol City | Huddersfield Town 0 vs 4 Swansea City | Stoke City 3 vs 0 Plymouth Argyle | Cardiff City 2 vs 1 Southampton | Rotherham United 0 vs 0 Birmingham City | Sunderland 0 vs 1 Millwall FC | Watford 0 vs 0 Hull City | Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion FA Cup: Coventry City 3 vs 3 Manchester United | Manchester City 1 vs 0 Chelsea English Championship: Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday | Queens Park Rangers 1 vs 0 Preston North End | Norwich City 1 vs 1 Bristol City | Huddersfield Town 0 vs 4 Swansea City | Stoke City 3 vs 0 Plymouth Argyle | Cardiff City 2 vs 1 Southampton | Rotherham United 0 vs 0 Birmingham City | Sunderland 0 vs 1 Millwall FC | Watford 0 vs 0 Hull City | Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion Katima Mulilo: 15° | 36° Rundu: 15° | 35° Eenhana: 17° | 36° Oshakati: 18° | 35° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 32° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 15° | 20° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:08, High tide: 03:09, Low Tide: 21:13, High tide: 15:31 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 31km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:06, High tide: 03:07, Low Tide: 21:11, High tide: 15:29 Walvis Bay: 16° | 25° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:06, High tide: 03:06, Low Tide: 21:11, High tide: 15:28 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 33° Keetmanshoop: 20° | 33° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 27° Ariamsvlei: 20° | 32° Oranjemund: 13° | 20° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 15° | 27° Mbabane: 16° | 25° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 16° | 29° Maputo: 20° | 29° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 22° Durban: 19° | 25° Johannesburg: 19° | 29° Dar es Salaam: 23° | 28° Lusaka: 17° | 30° Harare: 15° | 30° Currency: GBP to NAD 23.71 | EUR to NAD 20.49 | CNY to NAD 2.65 | USD to NAD 19.24 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.73 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.7 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.4 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.03 | USD to KES 133.48 | USD to NGN 1230 | USD to ZAR 19.25 | USD to ZMW 25.8 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73551.13 Up +0.26% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1526.82 Down -0.34% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13302.28 Down -1.12% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28144.22 Down -1.67% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 300.10/OZ DOWN -0.0145 | Copper US$ 4.40/lb DOWN -0.0151 | Zinc US$ 2 785.00/T DOWN -1.73% | Brent Crude Oil US$ 86.66/BBP DOWN -0.0059 | Platinum US$ 905.97/OZ DOWN -0.0162 Sport results: Premier League: Fulham 1 vs 3 Liverpool | Aston Villa 3 vs 1 Bournemouth | Crystal Palace 5 vs 2 West Ham | Everton 2 vs 0 Nottingham Forest | Wolves 0 vs 2 Arsenal | Luton Town 1 vs 5 Brentford | Sheffield United 1 vs 4 Burnley LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca | Real Madrid 3 vs 2 Barcelona | Deportivo Alaves 2 vs 0 Atletico Madrid | Almería 1 vs 2 Villarreal | Getafe 1 vs 1 Real Sociedad | Girona 4 vs 1 Cadiz | Valencia 1 vs 2 Real Betis | Rayo Vallecano 2 vs 1 Osasuna | Celta Vigo 4 vs 1 Las Palmas SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna | Monza 1 vs 2 Atalanta | Salernitana 0 vs 2 Fiorentina | Torino 0 vs 0 Frosinone | Sassuolo 0 vs 3 Lecce | Hellas Verona 1 vs 0 Udinese | Empoli 1 vs 0 Napoli European Championships Qualifying: Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday | Queens Park Rangers 1 vs 0 Preston North End | Norwich City 1 vs 1 Bristol City | Huddersfield Town 0 vs 4 Swansea City | Stoke City 3 vs 0 Plymouth Argyle | Cardiff City 2 vs 1 Southampton | Rotherham United 0 vs 0 Birmingham City | Sunderland 0 vs 1 Millwall FC | Watford 0 vs 0 Hull City | Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion FA Cup: Coventry City 3 vs 3 Manchester United | Manchester City 1 vs 0 Chelsea English Championship: Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday | Queens Park Rangers 1 vs 0 Preston North End | Norwich City 1 vs 1 Bristol City | Huddersfield Town 0 vs 4 Swansea City | Stoke City 3 vs 0 Plymouth Argyle | Cardiff City 2 vs 1 Southampton | Rotherham United 0 vs 0 Birmingham City | Sunderland 0 vs 1 Millwall FC | Watford 0 vs 0 Hull City | Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion Weather: Katima Mulilo: 15° | 36° Rundu: 15° | 35° Eenhana: 17° | 36° Oshakati: 18° | 35° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 32° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 15° | 20° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:08, High tide: 03:09, Low Tide: 21:13, High tide: 15:31 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 31km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:06, High tide: 03:07, Low Tide: 21:11, High tide: 15:29 Walvis Bay: 16° | 25° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:06, High tide: 03:06, Low Tide: 21:11, High tide: 15:28 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 33° Keetmanshoop: 20° | 33° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 27° Ariamsvlei: 20° | 32° Oranjemund: 13° | 20° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 15° | 27° Mbabane: 16° | 25° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 16° | 29° Maputo: 20° | 29° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 22° Durban: 19° | 25° Johannesburg: 19° | 29° Dar es Salaam: 23° | 28° Lusaka: 17° | 30° Harare: 15° | 30° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.71 | EUR to NAD 20.49 | CNY to NAD 2.65 | USD to NAD 19.24 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.73 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.7 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.4 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.03 | USD to KES 133.48 | USD to NGN 1230 | USD to ZAR 19.25 | USD to ZMW 25.8 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73551.13 Up +0.26% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1526.82 Down -0.34% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13302.28 Down -1.12% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28144.22 Down -1.67% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 300.10/OZ DOWN -0.0145 | Copper US$ 4.40/lb DOWN -0.0151 | Zinc US$ 2 785.00/T DOWN -1.73% | Brent Crude Oil US$ 86.66/BBP DOWN -0.0059 | Platinum US$ 905.97/OZ DOWN -0.0162