68 nuwe Covid-19-gevalle, nog 26 herstel

27 July 2020 | Gesondheid
Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS) dr. Kalumbi Shangula het 68 nuwe Covid-19-gevalle in die land aangekondig. Hiervan is 60 in Walvisbaai, een in Swakopmund, ses in Windhoek en een in Keetmanshoop. Vyftig is mans en 18 vroue. Die ouderdomme wissel van ses tot 68 jaar. Dit bring die totaal op 1 843 gevalle vir die land.
Die geval in Keetmanshoop is 'n 31-jarige Suid-Afrikaanse vragmotorbestuurder van Durban wat die land via Ariamsvlei binnegekom het. Hy is op 21 Julie getoets en het die land die volgende verlaat.
Die gevalle in Windhoek is soos volg:
- 'n 68-jarige man wat in die Windhoek Sentrale Hospitaal opgeneem is waar hy 'n prosedure ondergaan het en ontslaan is. Hy het op 24 Julie by 'n private hospitaal aangemeld met Covid-19-verwante simptome en is in 'n ernstige toestand opgeneem.
- 'n 38-jarige polisiebeampte en 'n kontak van 'n bevestigde geval. Hy het geen simptome nie en was nie in kwarantyn nie.
- 'n 23-jarige vrou wat by 'n plaaslike bank werk. Sy het geen kontak met 'n bevestigde geval of enige onlangse reisgeskiedenis nie. Sy het wel 'n verjaarsdagpartytjie bygewoon waar 'n persoon was wat van die kus af gereis het. Sy was nie in kwarantyn nie.
- 'n 29-jarige vrou met geen onlangse reisgeskiedenis of kontak met 'n bevestigde geval nie. Sy het wel Covid-19-verwante simptome.
- 'n 26-jarige vrou wat in die Katutura-staatshospitaal opgeneem en op 24 Julie ontslaan is. Sy het die volgende dag met Covid-19-verwante simptome by 'n private hospitaal vir hulp aangeklop. Sy is 'n kontak van 'n bevestigde geval.
- 'n 48-jarige man met simptome en 'n kontak van 'n bevestigde geval.
Volgens Shangula is die geval in die Hardapstreek wat gister aangekondig is, 'n driejarige en nie 'n dertienjarige soos vroeër bekendgemaak is nie. Die kind is getoets nadat die familie deur die pa besoek is wat uit Walvisbaai gereis het.
Shangula sê nog 26 mense het intussen ten volle herstel en wel gevalle 208, 211, 212, 215, 216, 225, 227, 293, 294, 310, 311, 321, 323, 325, 328, 333, 336, 346, 348, 361, 365, 366, 369 en 540.
Tot op hede is 23 140 weefselmonsters getoets en het die land 1 734 aktiewe gevalle.

Soortgelyk
Gesondheidswerkers, leerlinge en onderwysers deel van 343 nuwe gevalle
6 ure gelede | Gesondheid
Moller, Hatuikulipi se belange onder vergrootglas
22 ure gelede | Misdaad
Rekening van N$151 000 bly toe 'jakkals' gly
22 ure gelede | Misdaad
Mans vas oor vervalsing van Covid-19-toetsuitslae
22 ure gelede | Misdaad
Reënweer bring groot skade
22 ure gelede | Weer
Weer vir 11 Januarie 2021
22 ure gelede | Weer
Regering slaan toe op klaringsagente
22 ure gelede | Regering
Nafau wen in hof teen Shoprite
22 ure gelede | Arbeid
Op die spoor van Hardapdam se opvangsgebiede
22 ure gelede | Infrastruktuur
Kleinadvertensies