66 vas oor dwelms, onwettige tabak

‘Mark vir dwelms in Namibië’

14 February 2020 | Misdaad
Augetto Graig - Die polisie het in Januarie alleen op dwelms en verbode middels ter waarde van N$294 800 beslag gelê.

Adj.komm. Kauna Shikwambi, die nasionale polisiewoordvoerder, sê uit dié bedrag is N$128 4000 se Yes-sigarette in die besit van slegs een persoon gevind.

Dít in vergelyking met 20 mense wat tussen Januarie en Desember verlede jaar met N$555 690 se Yes-sigarette aangekeer is, wys op ’n drastiese toename in die verspreiding van onwettige produkte in Namibië.

Volgens AO Immanuel Iiduwa is die handel in onwettige tabakprodukte in gevolge artikel 1 van die tabakbeheerwet van 2010 verbode.

“Die Yes-sigarette is gelys as ’n onwettige tabakproduk, en daarom oortree enigiemand wat handel dryf of sodanig Yes-sigarette besit die wet en kan inhegtenis geneem word,” sê hy.

“Deel 4 (17) van die tabakbeheerwet verhoed die handel en besit van onwettige tabakprodukte,” voeg hy by.

“Dit is ’n feit dat hierdie sigarette onwettig na Namibië ingevoer word,” sê hy.

Gedurende Januarie is daar ook op 9 361 kg dagga ter waarde van N$93 610 beslag gelê.

Skadelike dwelms waarop beslag gelê is, sluit in 522 Mandrax-tablette ter waarde van N$62 640, 16 gram kokaïenpoeier (N$8 000) en 21 eenhede crack (kokaïenkristalle) ter waarde van N$2 100.

’n Daggaplant ter waarde van N$50 is ook gekonfiskeer.

Altesaam 66 verdagtes is in hegtenis geneem. Dit sluit 59 Namibiërs, twee Angolese, vier Kongolese en een Tanzaniër in.

Shikwambi sê die hoeveelhede waarop in Januarie beslag gelê is, was minder as in Desember 2019, maar meer mense is met onwettige aktiwiteite besig.

Volgens Iiduwa is dit duidelik daar is ’n mark vir dwelms in Namibië en die gemeenskap moet help om dié mark te kniehalter.

“Ons wil die publiek ontmoedig om Yes-sigarette te koop sodat ons die mark kan beperk en uiteindelik die invoer daarvan kan stopsit. Miskien weet sommige mense nie dit is 'n onwettige tabakproduk nie,” sê hy. Hy moedig Namibiërs aan om nie die produk te koop nie.

“Hierdie produkte is nie net onwettig nie, maar is ook 'n gesondheidsgevaar, aangesien dit nie aan die voorgeskrewe gesondheidsregulasies voldoen nie,” waarsku hy.
[email protected]

Soortgelyk

 

Damme voller

7 ure gelede | Weer

Elvira Hattingh - Terwyl 99,671 Mm³ (miljoen kubieke meter) water altesaam 10 nasionale damme die afgelope week binnegevloei het, het die weerkantoor opnuut ’n waarskuwing...

Groot kommer oor sprinkaanplaag in Zambezi

7 ure gelede | Omgewing

Ronelle Rademeyer - ’n Plaag van bruin sprinkane uit vermoedelik Botswana teister kommunale boere by Muhundu en ander nedersettings in Katima Mulilo se landelike kiesafdeling...

Goliath, the giant

7 ure gelede | Mense

Elizabeth Joseph Born and raised in Windhoek, Romio Goliath started wrestling when he was 10. Being part of the After School Centre Wrestling...

Weerlig slaan meisie (11) dood

7 ure gelede | Misdaad

Weerlig het Saterdag die lewe van 'n elfjarige kind geëis. Volgens die Namibiese polisie se weeklikse misdaadverslag is Aini Shilongo Saterdag omstreeks 18:00 in 'n...

Weer vir 25 Februarie

7 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Swaar storms word in die noordoostelike streke, Otjozondjupa-, Khomas- en suidelike streek verwag. Die nodige voorsorgmaatreëls moet getref word. BINNELAND: Gedeeltelik bewolk in die...

NamWater to fix Opuwo’s supply woes

7 ure gelede | Plaaslik

Uakutura Kambaekua – Since 2017, Opuwo town has been faced with diminished water supply, a predicament blamed on high water loss in distribution systems, which...

Havana, Otjomuise powered by June

7 ure gelede | Energie

The ministry of urban and rural development has committed a total of N$14 million for electrification for the 2019/20 financial year, an amount that is...

A significant contributor to Namibia's economic landscape

7 ure gelede | Byvoegsels

Hangana Seafood (Pty) Ltd is a 100% Namibian-owned company, passionate about “Creating a future, enhancing life” for its employees, country and the people of Namibia....

Corona: Afrika 66% gereed

7 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Afrika se algehele gereedheidsvlak vir die coronavirussiekte (covid-19) staan op 66%. Volgens dr. Matshidiso Moeti, die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) se streeksdirekteur vir Afrika,...