5,9% meer toeriste in 2016
Die minister van die omgewing en toerisme het die toeristestatistiekeverslag van verlede jaar bekend gestel.
Francoise Steynberg - Toerisme blom steeds in Namibië met 5,9% meer toeriste wat die land in 2016 as in 2015 besoek het.
Die minister van die omgewing en toerisme, mnr. Pohamba Shifeta het gister die toeristestatistiekeverslag van 2016 in die hoofstad bekend gestel.
Altesaam 1 574 148 internasionale toeriste het die land in 2016 besoek wat 3,6% meer as die 1 519 618 buitelandse besoekers in 2015.
"Die ministerie verwelkom die nuwe rekord van totale buitelandse besoekers. Dit is ook verblydend dat toerisme konsekwent sedert onafhanklikheid in 1990 gegroei het," het Shifeta gesê.
"Vir die afgelope vyf jaar het dié sektor jaarliks teen 'n gemiddeld van 6% gegroei, ondanks die wêreldwye ekonomiese teenspoed die afgelope jare."
Die minister meen egter daar moet gekapitaliseer word op die verhoogde internasionale lugrederye wat lei tot meer toeriste deur in die nodige infrastruktuur te belê om aan die aanvraag te voldoen: "Ons moet hoër mik."
Wat die potensiaal vir verdere groei betref, "is ons is egter nie naby die plafon van wat ons in die toerismebedryf kan bereik nie en ons is nie naby die perke van wat toerisme vir ons land kan bereik nie", meen Shifeta.
UITDAGINGS
Hy sê die volgende is uitdagings: Die koste van sake doen en transakies is hoog; kliëntediensvlakke is laag; swak intersektorale koördinasie en samewerking; toegang tot kapitaal vir transformasie in die sektor, veral vir opkomende toerisme-entrepreneurs; die afwesigheid van 'n nasionale bemarkingstrategie en veral plaaslike bemarking is swak; en opleidingsinstellings gee nie opleiding volgens die behoeftes van die bedryf nie wat gelei het tot 'n aansienlike aantal studente sonder deeglike vaardighede en geen werk.
Daarom, sê Shifeta, is die Nasionale Toerismeadviesraad en interministeriële komitee vir toerisme vanjaar geïmplementeer "sodat ons teruggaan na die tekenbord en ons benaderings herbedink om die groei van die toerismebedryf sy volle potensiaal te laat bereik".
Die top-10-lande met die grootste aantal toeriste wat Namibië in 2016 besoek het, is Angola, Suid-Afrika, Zambië, Duitsland, Brittanje, Amerika, Frankryk en Nederland.
Alhoewel burgers van buurlande Angola en Suid-Afrika die topbesoekers is, het minder Angolese (-10,8%) en Suid-Afrikaners (-2,8%) Namibië in 2016 besoek, maar 28% meer Zambiërs het kom kuier. Die meerderheid toeriste uit Afrika besoek Namibië tussen Oktober en Desember, maar Desember bly die gewildste maand.
REKORD VIR DUITSE TOERISTE
Nog goeie nuus is dat byna 300 000 Europeërs - 26,2% meer as in 2015 - in Namibië was wat graag tussen Augustus en Oktober kom kuier.
Die Duitsers is steeds die toptoeriste uit Europa na Namibië en dié mark het met 34,6% gegroei met 'n rekordgetal van 122 142 Duitse toeriste. Hulle besoek ook die land 'n gemiddeld van 20 dae.
Toeristegetalle uit Brittanje het met 24,2% gegroei, so ook uit Frankryk (16,3%), Nederland (44,4%), Oostenryk (28,2%), België (27,3%), Italië (26,5%), Skandinawië (26,3%), Spanje (25,9%) en Switserland (10,7%).
Daar was ook 'n toename in toeriste vanaf Noord-Amerika (35 624) met 27 264 net uit Amerika ('n groei van 11,6%). Die grootste Asiese mark is China wat 8,8% teenoor 2015 gestyg het. Dit was ook die eerste keer wat aankomste uit die Verenigde Arabiese Emirate (VAE) saamgestel is met 3 705 VAE-toeriste wat geregistreer is.
Byna 60% akkommodasiegeriewe in 2016 was bespreek.
Die minister hoop 'n elektroniese stelsel vir die insamel van die data by grensposte kan geïmplementeer word sodat 2017 se verslag reeds middel 2018 bekend gestel kan word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie