55 nuwe Covid-19-gevalle bring totaal op 593

08 July 2020 | Gesondheid
Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS) dr. Kalumbi Shangula sê 55 nuwe gevalle van Covid-19 is die afgelope 24 uur in die land aangeteken. Dit bring dit totaal op 593 te staan. Twee van die gevalle is buitelanders op 'n vaartuig.

Volgens Shangula is 53 van die gevalle van Walvisbaai en twee van Windhoek. Uit die 53 gevalle in Walvisbaai is 43 deel van 'n bemanning waar drie reeds vroeër positief getoets het. Uit die twee gevalle in Windhoek is een op 19 Junie uit Walvisbaai na die hoofstad vir mediese redes verwys en in die Windhoek Sentrale Hospitaal opgeneem. Die ander geval in Windhoek is 'n kontak van 'n positiewe geval.

Volgens Shangula is 48 van vandag se gevalle mans en sewe vroue. Die jongste is twee jaar oud en die oudste 60 jaar oud. 'n Namibiese vragmotorbestuurder is in Botswana onderweg na Suid-Afrika positief vir Covid-19 getoets. Hy is met sy terugkeer na Namibië in isolasiegeriewe in Gobabis geplaas. Omdat hy in die buurland getoets is, val hy onder dié land se gevalle.

Met verwysing na die pasgebore wat positief getoets het, geval 362, sê Shangula twee opvolgtoetse 24 uur en 72 uur na sy geboorte het gewys die baba is negatief vir Covid-19. Volgens Shangula beteken dit die aanvanklike uitslag was as gevolg van besmetting van die ma wat Covid-19-positief is.

Tot op hede is 12 163 weefselmonsters getoets en is 860 mense tans in kwarantyngeriewe.


Soortgelyk

 

Covid-19: Verkiesings ‘kompleks, intens’

1 uur gelede | Politiek

Denver Kisting en Kristien Kruger – Die hoofkiesbeampte van die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN), mnr. Theo Mujoro, sê om die plaaslike owerheid- en streekraadsverkiesings later...

Eina, jou doring

1 uur gelede | In beeld

Kristien Kruger het die foto van die geelvink wat op ’n doringdraad hardloop in haar tuin in Klein Windhoek geneem.

‘Kommerwekkende styging’ in Windhoek-gevalle

1 uur gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Die aantal Covid-19-gevalle in Windhoek is besig om vinnig te styg, ‘n situasie wat deur die minister van gesondheid en maatskaplike dienste,...

Sluit van howe in openbare belang- Dausab

1 uur gelede | Howe

Denver Kisting – Me. Yvonne Dausab, die minister van justisie, sê hoewel hofdienste, wat ’n integrale deel van geregtigheid vorm, beperk sal wees vanweë beskikbaarheid...

Weer vir 12 Augustus 2020

1 uur gelede | Weer

WEERWAAK: Koue toestande sal in die Suide voorkom. BINNELAND: Sonnig en matig in die Suide. Elders sal dit sonnig en warm tot baie warm wees....

Uitlewerings op ys weens virus

1 uur gelede | Misdaad

“Daar is individue van belang, wat vermoedelik in ons buurlande is; sommige is opgespoor en (ons) wag op die afhandeling van die vereiste administratiewe prosesse.”...

Eros se aanloopbaan opgeknap

1 uur gelede | Vervoer

Ronelle RademeyerOfskoon daar nie geld is vir omvattende rehabilitasie van die aanloopbaan by die ­Eros-lughawe in Windhoek, gaan tussentydse herstelwerk oor die volgende drie maande...

Trane loop nog steeds oor Frieda Ndatipo

1 uur gelede | Mense

Jana-Mari SmithSes jaar nadat die ­ongewapende protesteerder me. Frieda Ndatipo gedurende 'n geveg tussen die Swapo-strydkinders en die Namibiese polisie voor Swapo se hoofkantoor doodgeskiet...

Lesersfoto's 12 Augustus 2020

1 uur gelede | Lesersfoto's

Gelukkige varkie: “Dit is soos dit hoort,” sê Björn Basler. Familie: AK van Donkerhoek het die foto van die wilde perde by Aus geneem. Mooi:...