55 miljoen sonder krag op Vadersdag
Die groot kragonderbreking in Argentinië is ongekend in dié land en die oorsaak sal beslis ondersoek word, het pres. Mauricio Macri Sondag gesê.
Hy het gereageer op die chaos in dié land toe sowat 55 miljoen mense op Vadersdag sonder enige elektrisiteit gelaat is.
Dele van Paraguay en Uruguay was ook vir groot dele van die dag sonder krag.
Macri sê die probleem het ontstaan by Argentinië se kuslyn-kragnetwerk, maar die oorsaak daarvan is nog onbekend.
Edesur Argentina, die Argentynse energie-agentskap, het Sondag gespartel om die ondersoek af te handel en dienste te herstel.
Teen die middag is kragtoevoer na die groter stede herstel.
Uruguay se energie-agentskap het teen die middag 75% van die toevoer herstel, terwyl Paraguay gesukkel het om toevoer na afgeleë dorpies te herstel.
In Argentinië se hoofstad, Buenos Aires, is verkeer tot stilstand gedwing weens die kragonderbreking. Kommunikasie met die buitewêreld was feitlik afgesny en baie winkels was gesluit.
Die onderbreking kom te midde van 'n sukkelende ekonomie. Dié land het op een na die grootste ekonomie in Suid-Amerika, maar dit het verlede jaar met 2,5% gekrimp, die ergste sedert 2014, toe die land nie sy skuld kon betaal nie. – Netwerk24/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie