52 ongelukke in vyf dae
Uitputting, onoplettendheid, onvanpaste gedrag deur bestuurders, spoed en bestuur onder die invloed van middels en drank word beskou as die grootste faktore wat tot ongelukke bydra.
Skaars ’n week in die Kersseisoen in, staan die getal motorongelukke in Namibië reeds op 52.
Die nuutste verslag van die Motorongelukfonds (MVAF) toon toenames van onderskeidelik 21% en 29% in ongelukke en beserings tussen 22 en 26 November vanjaar in vergelyking met verlede jaar se syfers.
Sterftes het egter met 67% afgeneem.
Altesaam 52 ongelukke het in dié tyd plaasgevind, met 97 beserings en twee sterftes.
Die Khomasstreek het die meeste ongelukke getoon met ’n totaal van 26.
Die Erongo- en Otjozondjupastreek het onderskeidelik 9 en 5 ongelukke aangeteken. Oshikoto, Kunene en Hardap het elkeen slegs een ongeluk in die streek gerapporteer.
Sterftes is slegs in die Kunene- en Oshanastreek aangeteken.
In die meerderheid van dié ongelukke het voertuie gerol en gebots.
Voertuie wat gerol het, het in totaal 19 ongelukke en 50 beserings tot gevolg gehad, en 15 ongelukke was botsings met 25 beserings.
Uitputting, onoplettendheid, onvanpaste gedrag deur bestuurders, spoed en bestuur onder die invloed van middels en drank word beskou as die grootste faktore wat tot die bogenoemde syfers bydra.
Verder is ook bevestig die omvang van beserings tydens botsings en voertuie wat rol is beduidend hoër en 50% van sterftes kan aan elkeen onderskeidelik toegeskryf word.
Volgens die MVAF is die volgende wenke ten opsigte van bestuurder-, voertuig-, en passasierveiligheid van kardinale belang in die komende feesseisoen.
Bestuurderveiligheid
Bestuurders word aangeraai om noukeurig na hul fisieke welstand om te sien om moegheid en uitputting te voorkom. Maak seker ’n geldige bestuurslisensie is te alle tye in jou besit, en moet nooit onder die invloed van alkohol of enige middels bestuur nie.
Voertuigveiligheid
Maak seker die voertuig se ruitveërs is altyd in ’n werkende toestand. Jou voertuig se bande moet gereeld nagegaan word om die padwaardigheid daarvan te verseker en skakel te alle tye jou voertuig se ligte aan.
Passasierveiligheid
Dra altyd jou sitplekgordel. Indien jy van openbare vervoer gebruik maak, maak seker jy skryf jou inligting op die passasierlys neer. Bestuurders moenie voertuie met passasiers oorlaai nie, want dit maak dit moeilik om die voertuie te beheer en ook byna onmoontlik om in ‘n noodgeval vinnig tot stilstand te bring.
Gevolglik stel die oorlaai van voertuie bestuurders, passasiers en ander mense op die pad se lewens in gevaar.
Om ongelukke aan te meld, skakel die MVAF by 081 9682. Volg hulle ook op Facebook en Twitter vir meer wenke oor padveiligheid.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie