50 vreemdelinge, 1 huis, 3 weke - Wie gaan wen?

17 January 2020 | Kuns en vermaak
50 vreemdelinge deel ’n tweeslaapkamerhuis – toegerus met kos, toiletwareen beddegoed vir net twee mense – vir drie weke in VIA se splinternuwe werklikheidsreeks, Trap! Dis my huis. ’n Pryspot van tot en met R1 miljoen is op die spel, maar daar wag ’n kinkel vir die huismaats.

Trap! Dis my huis is gegrond op die opspraakwekkende internasionale TV-formaat met die naam Get the F*ck Out of my House.

Die reeks is voorheen in Nederland, Duitsland en Brasilië verfilm en uitgesaai en nou sal VIA se weergawe dié formaat se eerste vertakking op die Afrika-vasteland wees. Die aktrise Amalia Uys en radio- en TV-persoonlikheid Zoë Brown is die aanbieders.

Die uitdagingDie program is ’n opwindende sosiale eksperiment. Die uitdaging wat vir die 50 deelnemers voorlê, is eenvoudig: Daar is slegs slaapplek vir twee, kos en drinkgoed vir twee en twee badkamers en toilette met geen privaatheid nie.

Daar is slegs slaapplek vir twee, kos en drinkgoed vir twee en twee badkamers en toilette met geen privaatheid nie.

Die 50 huismaats moet vir drie weke uithou en dié wat oorweldig voel deur die ervaring, het die opsie om enige tyd die huis en, in die proses, die kompetisie te verlaat. Deelnemers word gereeld deur die huismaats uit die huis uitgestem.

Die huismaats moet vir die tydperk klaarkom met voorraad vir net twee mense, maar het ook geleenthede om nog kos, toiletware, beddegoed en meer vir die huis te kry.

'n Geldpot op die spelR1 miljoen word gespaar in ’n geldpot en deelnemers het die opsie om van dié geld te gebruik om voorraad vir die huis te koop. Voorraad kan ook deur middel van mini-kompetisies en -speletjies losgeslaan word. Die geld wat nie gebruik is nie, is dan die wenner se prys.

“Ons is rasend opgewonde oor hierdie formaat,” sê Izelle Venter, kanaalhoof van VIA.

“Ons is rasend opgewonde oor hierdie formaat,” sê Izelle Venter, kanaalhoof van VIA.

“Ons het besluit dis reg vir die tydsgees – die wêreld is 'n bietjie wild, deurmekaar en ’n onverwagte avontuur, die formaat ook! Boonop word die konsep van privaatheid tot sy uiterste beproef."

Die program begin Woensdag 15 Januarie 2020 om 20:30 op die Afrikaanse leefstylkanaal VIA (DStv-kanaal 147). Heruitsendings op Vrydae om 18:00 en Saterdae om 22:00.

Die program word geborg deur Anton Mulder Konstruksie en vervaardig deur dieproduksiemaatskappy Afrokaans – die bekwame vervaardigers van onder andere M-Net se Survivor South Africa. - Netwerk24

Soortgelyk

 

Kenner van familieondernemings kom lewer praatjie

1 uur gelede | Kuns en vermaak

Een van Suid-Afrika se voorste kenners van familieondernemings lewer Vrydagoggend op uitnodiging van die kultuurorganisasie, Netwerk, ‘n ontbytpraatjie by Am Weinberg Hotel in Windhoek.Prof. Elmarie...

Nog water vir Hardap en ses ander

1 uur gelede | Omgewing

Elvira Hattingh - Ses nasionale damme ontvang steeds water, met ‘n sewende een wat gister om 16:00 óók nog water gekry het.Volgens NamWater se jongste...

Oudpres. Hosni Moebarak van Egipte sterf

2 ure gelede | Internasionaal

Die voormalige Egiptiese president Hosni Moebarak is dood, het die staatstelevisie berig.Hy was 91.Moebarak is in 2011 ontsetel ná 'n bewind van sowat 30 jaar....

Nege vas oor renosterhorings

2 ure gelede | Misdaad

Nege verdagtes is verlede week in verband met renosterstropery of -horingsmokkelary in hegtenis geneem. Volgens die wildmisdaadverslag van 17 tot 23 Februarie is beslag op...

Gesoek: Namibiërs wat in China woon, studeer

4 ure gelede | Ministeries

Die Namibiese ambassade in China is in die lig van die uitbreking van die corona virussiekte (covid 19) besig om sy lys op te dateer...

Ministerie bemagtig mans én vroue

5 ure gelede | Ministeries

Die algemene siening dat die ministerie van geslagsgelykheid en kinderwelsyn net vir vroue en kinders is, is onwaar en onproduktief. “Sommige mans dink hierdie ministerie...

Damme voller

16 ure gelede | Weer

Elvira Hattingh - Terwyl 99,671 Mm³ (miljoen kubieke meter) water altesaam 10 nasionale damme die afgelope week binnegevloei het, het die weerkantoor opnuut ’n waarskuwing...

Groot kommer oor sprinkaanplaag in Zambezi

16 ure gelede | Omgewing

Ronelle Rademeyer - ’n Plaag van bruin sprinkane uit vermoedelik Botswana teister kommunale boere by Muhundu en ander nedersettings in Katima Mulilo se landelike kiesafdeling...

Weerlig slaan meisie (11) dood

16 ure gelede | Misdaad

Weerlig het Saterdag die lewe van 'n elfjarige kind geëis. Volgens die Namibiese polisie se weeklikse misdaadverslag is Aini Shilongo Saterdag omstreeks 18:00 in 'n...