50 nuwe Covid-19-gevalle, 32 in Windhoek

08 August 2020 | Gesondheid
Die uitvoerende direkteur in die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste, mnr. Ben Nangombe, sê 50 nuwe gevalle van Covid-19 is in die land aangekondig. Dit bring die totaal op 2 852 gevalle vir Namibië te staan. Nangombe sê uit die 50 nuwe gevalle is 10 in Walvisbaai, ses in Swakopmund, 32 in Windhoek en een elk in onderskeidelik Okakarara en Otjiwarongo.
Die 50 gevalle bestaan uit 30 mans en 20 vroue en die ouderdomme wissel van vyf tot 66 jaar. Uit die 32 gevalle in Windhoek is 30 mans en 12 vroue. Khomasdal het agt gevalle, terwyl die res van die gevalle in onder meer Elisenheim, Greenwell Matongo, Suiderhof, Osona, Rocky Crest, Kleine Kuppe, Pionierspark en Hochlandpark aangeteken is. Die 32 gevalle sluit vier gesondheidswerkers in.Veertien van die gevalle het geen kontak met 'n bevestigde geval gehad nie.
Die geval in Okakarara is 'n 31-jarige vrou wat van Moskou in Rusland gereis het en in kwarantyn was. Die geval in Otjiwarongo is 'n 47-jarige man en 'n kontak van 'n bevestigde geval.
Nangombe sê nog 65 mense het ten volle herstel wat die totaal op 640 te staan bring. Uit die 65 gevalle wat herstel het, is 52 in Walvisbaai en 13 in Windhoek. Namibië het tans 2 196 aktiewe gevalle, die sterftesyfer staan steeds op 16, 33 151 weefselmonsters is tot op hede getoets en 1 743 mense is tans in kwarantyn in geriewe oraloor in die land.

Soortgelyk
Gesondheidswerkers, leerlinge en onderwysers deel van 343 nuwe gevalle
5 ure gelede | Gesondheid
Moller, Hatuikulipi se belange onder vergrootglas
20 ure gelede | Misdaad
Rekening van N$151 000 bly toe 'jakkals' gly
20 ure gelede | Misdaad
Mans vas oor vervalsing van Covid-19-toetsuitslae
20 ure gelede | Misdaad
Reënweer bring groot skade
20 ure gelede | Weer
Weer vir 11 Januarie 2021
20 ure gelede | Weer
Regering slaan toe op klaringsagente
20 ure gelede | Regering
Nafau wen in hof teen Shoprite
20 ure gelede | Arbeid
Op die spoor van Hardapdam se opvangsgebiede
20 ure gelede | Infrastruktuur
Kleinadvertensies