50 jaar van waterherwinning gevier

Elvira Hattingh
Windhoek herdenk vandeesmaand die 50ste jaar sedert die stad begin het met die suiwering van rioolwater en die herwinning daarvan vir drink­water.

Amptelike vieringe van dié mylpaal vind Donderdag en Vrydag by die munisipale hoofkantoor onder die tema “Direkte herwinning van drinkwater – met 'n skoon rekening” plaas.

Tydens dié vieringe sal die ontwikkeling, asook uitdagings van die proses in die betrokke 50 jaar onder die loep geneem word, en na huidige en toekomstige ontwikkelinge in die praktyk, plaaslik en wêreldwyd, gekyk word.

Windhoek word vandag as 'n wêreldleier beskou wat die herwinning van drinkwater uit riool­water betref, waar dié tipe water­suiwering daagliks gedoen word om inwoners voortdurend van water te voorsien.

As gevolg van 'n voortdurende water­tekort en uitdagings met waterverskaffing, het die munisipaliteit in 1968 reeds gesuiwerde ­rioolwater terug in Windhoek se waterstelsel begin voer.

Dié ongewone proses het in 50 jaar deur verskeie stadia van verfyning gegaan om as noodsaaklike waterbron vir 'n groeiende stad te kan dien.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!