5 dood toe vliegtuig in winkelsentrum vasvlieg
Australië
Vyf mense is Maandag dood toe ’n klein vliegtuig in die dak van ’n winkelsentrum vasgevlieg het, oomblikke nadat dit van ’n vliegveld buite Melbourne opgestyg het.
“Die Beechcraft King Air-vliegtuig het ’n enjinweiering gehad net nadat dit van die Essendon-lughawe opgestyg het,” sê Stephen Leane, assistent-kommissaris van die polisie in Victoria.
Getuies het aan die Australiese Associated Press gesê die vliegtuig het op impak ontplof.
“Daar was vyf mense in die vliegtuig en dit lyk asof niemand die ongeluk oorleef het nie,” sê Leane. Niemand in die winkelsentrum is beseer nie.
’n Woordvoerder van Airservices Australië sê vlugte van en na die belangrikste lughawe in Melbourne is nie deur die ongeluk benadeel nie.
Die Australiese buro vir vervoerveiligheid gaan die ongeluk ondersoek. - Netwerk24/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie