48 IS-verdagtes na militêre hof verwys
Mense wat daarvan verdink word dat hulle bomme in kerke laat ontplof en die lewe van tientalle mense geëis het, sal deur 'n militêre hof verhoor word.
Egipte het 48 mense na die land se militêre hof verwys vir vermeende betrokkenheid by die bombardering van drie kerke en hulle daarvan beskuldig dat hulle by die militante Islamitiese Staat-groep (IS) aangesluit het.
Egipte se Christen-minderheid is in onlangse maande vir aanvalle geteiken. Twee dodelike bomontploffings in Alexandrië en Tanta het in April die lewe van meer as 45 mense geëis nadat ‘n bom na aan Kaïro se Koptiese Katedraal in Desember die minstens 25 mense gedood het.
IS het aanspreeklikheid vir al drie aanvalle aanvaar.
Die staatsaanklaer Nabil Sadek het in ’n verklaring gesê sommige van die verdagtes beklee leierskapposisies in IS en het selle in Kaïro en die suidelike Quena-provinsie gestig om die kerkaanvalle uit te voer.
Egipte staar die afgelope drie jaar ‘n insurgensie in die gesig sedert IS sy veldtog verskerp het nadat die generaal wat president geword het, Abdel Fattah al-Sisi, sy Islamitiese voorganger, Mohamed Morsi, se bewind in 2013 omvergewerp het. - Nampa/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie