44 uit 830 weefselmonsters toets positief vir Covid-19

18 November 2020 | Gesondheid
Vier-en-veertig (5,2%) uit 830 weefselmonsters het positief vir Covid-19 getoets. Uit die nuwe gevalle is 30 mans en 14 vroue. Die ouderdomme wissel van tien tot 81 jaar.

Die nuwe gevalle sluit 27 in Windhoek, agt in Lüderitz, drie in Swakopmund, een in Walvisbaai, drie in Rehoboth en twee in Oshakati in. Deel van die nuwe gevalle is agt gevalle dié van die Mali-sokkerspan wat vir 'n kwalifiserende wedstryd vir die Afrikabeker in die hoofstad was. Spelers moet 48 uur voor die wedstryd getoets word. Die span het Sondag in Windhoek aangekom en is die volgende dag getoets. Die agt wat positief getoets het, is geïsoleer en het nie gisteraand gespeel nie. Al die spanlede het vanoggend na Mali teruggekeer.

Nog 12 mense het herstel wat die totaal op 13 152 te staan bring. Dit sluit sewe in Khomas, drie in Erongo en twee in Omusati in.

Die aktiewe gevalle staan tans op 316 waarvan vier gevalle in die Khomasstreek baie ernstig of kritiek is.

Tot op hede is 143 406 weefselmonsters getoets, 2 726 kontakte word gemonitor en 484 mense is tans in kwarantyngeriewe oraloor in die land.

Soortgelyk

 

Twee vas vir moord op Daniele Ferrari

2 ure gelede | Misdaad

Ronelle Rademeyer - Twee mans van die Havana- informele nedersetting verskyn vandag in die Windhoek-landdroshof in verband met die wrede moord op mnr. Daniele Ferrari...

Vermoorde vrou naak by Vierkantklip gevind

2 ure gelede | Misdaad

Ronelle Rademeyer - Teen laat gister was die vrae oor die lot van die 26-jarige vrou van Mondesa op Swakopmund wie se naakte lyk knap...

Polisiebeamptes ‘verdwyn’ met kiesmateriaal

2 ure gelede | Politiek

Hoofredaksie en Ester Kamati op Otjiwarongo - Twee polisiebeamptes wat Dinsdagaand met verkiesingsmateriaal op Otjiwarongo “verdwyn” en eers 40 minute voordat stempunte gisteroggend geopen het...

Weer vir 26 November

2 ure gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en baie tot bloedig warm in die Suide, andersins gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm met 'n paar tot geïsoleerde donderbuie oor...

26 leerlinge toets positief vir Covid-19

9 ure gelede | Gesondheid

Uit die 68 nuwe Covid-19-gevalle wat vandag aangemeld is, is 26 leerlinge. Dit sluit 23 van die hoërskool St. Joseph in Windhoek en drie leerlinge...

Vrou se lyk by Vierkantklip op strand gevind

14 ure gelede | Misdaad

Die polisie het pas bevestig hulle is besig met 'n ondersoek op die plek waar die lyk van 'n vrou vanoggend deur "'n private persoon"...

Drie lorries bots naby Okahandja

1 dag gelede | Ongelukke

Ronelle Rademeyer - ‘n Vragmotorbestuurder moes met Kake van die Lewe uit die verfrommelde kajuit van sy lorrie verwyder word toe drie vragmotors kort ná...

Boer vooruit met min grond, min reën

1 dag gelede | Byvoegsels

Elvira Hattingh – ‘n Jaar en ‘n half nadat mnr. Johan Bean met sy intensiewe, maar baie suksesvolle skaapboerdery op sowat 5 ha grond in...

Veilings ly onder dalende veegetalle

1 dag gelede | Byvoegsels

Ellanie Smit – Hoewel Agra se omset in die 2019-’20 finansiële jaar gestyg het, het sy afdeling vir veilings deurgeloop omdat minder vee bemark is....