41 skote op 6 buffels

Internasionale toeriste is getraumatiseer nadat buffels op die Wabi Game Lodge naby die Waterberg Platopark afgemaai is.
Francoise Steynberg
Francoise Steynberg



Dit het vir buitelandse toeriste Dinsdagaand gevoel hulle is in 'n oorlogsone toe ses buffels met 41 skote outomatiese geweervuur uit 'n helikopter op die Wabi Game Lodge doodgeskiet is.

Só sê die mede-eienaar van dié spoglodge naby die Waterberg Platopark in die Otjiwarongo-distrik, me. Christine Egger, wat gister “krisisbeheer” onder haar tien getraumatiseerde toeriste, onder wie kinders, van Duitsland, Switserland, Frankryk en Italië moes toepas wat uit Namibië wou padgee.

“Nadat hulle 'n wonderlike tyd op Wabi gehad het, verlaat hulle nou die land met hierdie afgryslike ervaring.”

Egger sê sy het by die owerhede gesmeek dat die buffels nie in die teenwoordigheid van haar buitelandse toeriste geskiet moes word nie, maar dit het op dowe ore geval.

Die hoof- veeartsenybeampte van die ministerie van landbou, water en bosbou, dr. Milton Maseke, het egter aan Republikein gesê die eienaars van die lodge, mnr. Mark en me. Christine Egger, is vooraf ingelig dat die buffels van kant gemaak gaan word en hulle moes sorg dat die toeriste nie teenwoordig is nie.



Rondloperbuffels

Me. Egger vertel 'n boer in die omgewing het twee weke gelede twee rondloperbuffels gerapporteer en ses buffels is Maandag by die lodge se Hippo-dam opgemerk.

“Soos wetsgehoorsame burgers het ons die teenwoordigheid van die buffels aan natuurbewaarders van Waterberg en veeartsenydienste op Okakara gerapporteer. Een van die buffels het 'n geel oormerk gehad,” sê Egger.

“Omdat die buffels van Waterberg siektevry is, het ons gesê dit is nie nodig om hulle van kant te maak nie. Ons het aangebied om hulle te vang en in ons boma by Wabi aan te hou, maar veeartsenydienste het gesê die diere moet van kant gemaak word en ons plaas is onder kwarantyn geplaas.”

Maseke het Dinsdag 'n amptelike brief oor die lot van die buffels aan Wabi Game Lodge gestuur, maar volgens Egger is die plaasnommer 340 in die brief nie korrek nie; dit is 291.

Egger sê die owerhede sou Dinsdagoggend na die lodge kom, maar meer as 20 beamptes, onder wie natuurbewaarders, polisielede en veeartsenybeamptes, het glo eers die middag sonder 'n lasbrief om die plaas te deursoek, voor die hek opgedaag.

“Teen 16:30 het dinge begin lelik raak. Ek het as een vrou teen sowat meer as 20 mans geïntimideer gevoel. Twee voertuie het ingery en 'n helikopter het dawerend oor my gaste gevlieg.”

Sy sê dit het soos 'n oorlog geklink toe die skietery uit die helikopter begin, en die gaste was ontsenu.

“Ons het vir 20 minute 41 skote uit outomatiese vuurwapens, glo R1-aanvalsgewere, gehoor. Om 17:35 was die slagting verby en die helikopter is weg. Boonop wou die owerhede die ses buffelkarkasse van twee groot bulle, een koei en die res jong buffels, op Wabi uitbrand.”



OWERHEDE REAGEER

Die permanente sekretaris van die omgewing en toerisme, dr. Malan Lindeque, het bevestig ondersoek sou gister na die voorval ingestel word en die ministerie sal later terugvoering gee.

Maseke meen Egger ruk die voorval uit verband uit en “weens een vrou se emosionele betrokkenheid by die wild kan ek nie die hele land onder 'n risiko plaas nie”. Hy sê sy wou van die begin af nie haar samewerking gee nie en het “haar persoonlike belange voor dié van die land geplaas”.

Maseke sê dit is volgens wetgewing duidelik dat enige buffel buite 'n park onmiddellik van kant gemaak moet word.

Hy vra verskoning dat die skietery in die teenwoordigheid van die toeriste plaasgevind het, “maar Egger was ingelig en sy kon die nodige gedoen het om hulle weg te hou”.

Maseke het bevestig die toetse van die nadoodse ondersoek op die buffels toon dat hulle nie bek-en-klouseer onder lede gehad het nie.

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 23.85 | EUR to NAD 20.41 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.93 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.33 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.93 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 225.29/OZ UP +1.58% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.07% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.57/BBP UP +1.36% | Platinum US$ 909.21/OZ UP +1.60% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.85 | EUR to NAD 20.41 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.93 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.33 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.93 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 225.29/OZ UP +1.58% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.07% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.57/BBP UP +1.36% | Platinum US$ 909.21/OZ UP +1.60%