4 sterf in aanval met vragmotor

Palestynse man maak amok

10 January 2017 | Internasionaal
Minstens vier mense het Sondag gesterf en 15 is beseer toe 'n Palestynse man met 'n vragmotor tussen 'n groep soldate langs 'n gewilde promenade in Jerusalem, Israel, ingeploeg het.

Israelse polisie het dit 'n opsetlike aanval genoem.

Die slagoffers, drie vroue en 'n man, was almal in hul 20's. Geen verdere inligting is verstrek nie.

Die vragmotorbestuurder se naam is nog nie bekend gemaak nie. Hy is egter uitgeken as 'n Palestyn uit Oos-Jerusalem.

Die was die grootste Palestynse aanval in Jerusalem die afgelope tyd en was klaarblyklik gemik op die kadetoffisiere van die Israelse weermag wat pas uit 'n bus geklim het op die Armon Hanatziv-promenade – 'n gewilde wandelgang met 'n panoramiese uitsig oor die ommuurde ou deel van die Israelse hoofstad.

'n Busbestuurder wat die voorval sien gebeur het, het oor die radio vertel dat die vragmotor in die groep soldate ingeploeg het. Hulle het op die drywer geskiet, wat agteruit gery en toe weer in die bondel ingejaag het.

Volgens televisienuus is die vragmotorbestuurder deur die windskerm doodgeskiet.

Die vlaag straataanvalle deur Palestyne, waaronder talle wat met voertuie uitgevoer is, het sedert Oktober 2015 baie afgeneem.

Minstens 37 Israeli's en twee Amerikaanse besoekers is in dié tyd in sulke aanvalle dood.

Minstens 231 Palestyne is in dié tydperk in voorvalle van geweld in Israel, die Wesoewer en die Gasa­strook dood.

- Netwerk24

Soortgelyk

 

Psemas skuld N$500 miljoen

9 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Die staat se mediese fonds, Psemas, se uitstaande skuld aan verskaffers van gesondheidsdienste in Namibië beloop reeds sowat N$500 miljoen. Dié bedrag...

Min tyd vir verandering

9 ure gelede | Ministeries

Estelle de Bruyn - Dit lyk of Namibiërs vanjaar steeds winter- en somertyd gaan hê.Toe die wetsontwerp op Namibiese tyd gister in die Nasionale Vergadering...

Lorrie beland in rivier

9 ure gelede | In beeld

‘n Suid-Afrikaanse vragmotor van Merchants Transport met twee sleepwaens het Woensdag omstreeks 02:00 van die Michaelisrivier-brug buite Windhoek af gery. Die pad, wat na die...

Groente vrot ná reën

9 ure gelede | Landbou

Elvira Hattingh Die gebiede naby Tsumeb, Grootfontein en Hochveld het tot die helfte van die totale seisoenale reën net in Februarie ontvang, wat groot skade...

Ammoniak-lekkasie: drie werkers ontslaan

9 ure gelede |

Elvira Hattingh - Drie Meatco-werknemers is gisteroggend uit die Lady Pohamba-hospitaal ontslaan nadat ’n ammoniak-gaslekkasie Woensdag by die fabriek in Windhoek ontstaan het. Een werknemer...

Hof knip Baster-kaptein se vlerke

9 ure gelede | Howe

Catherine Sasman - Die hoërhof het beslis dat die Baster-kaptein, John McNab, en die Rehoboth Baster Gemeente (RBG) geen reg het om erwe in die...

Weer vir 10 Maar 2017

9 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Swaar reënval word in plekke in die Kunene-, Erongo- en Zambezistreek verwag.BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie warm met enkele donderstorms in die /Kharas-, Hardap-...

Hof bepaal vulstasie se lot

9 ure gelede | Howe

Jacqueline Louw – Die vulstasie op die hoek van Sam Nujomalaan en Nelson Mandelarylaan in Klein Windhoek sal binnekort weer oop vir besigheid wees.Dit nadat...

Katjavivi vra gedenksentrum

9 ure gelede |

Catherine Sasman Namibië se geskiedenis, van die koloniale tydperk af tot vandag, moet behoorlik gedokumenteer word en toeganklik wees in die vorm van 'n gedenksentrum...