37 sterf in ’n maand op land se paaie
Volgens die Motorvoertuigongelukkefonds (MVAF) het 37 mense vanaf 18 November tot 18 Desember vanjaar in padongelukke gesterf. Vir die ooreenstemmende tydperk is 298 ongelukke aangeteken, waartydens 484 mense beseer is. Die MVAF se padveiligheidveldtog het op 18 November afgeskop en duur tot 15 Januarie aanstaande jaar wanneer die meeste skole vir die nuwe jaar open.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie