345 leerlinge toets tot dusver positief vir Covid-19
Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula, sê tot op hede het 345 leerlinge positief vir Covid-19 getoets. Die Oshikotostreek het die hoogste getal leerlinge aangeteken en wel 170 (49,3%), gevolg deur Khomas met 68 (19,7%). Volgens Shangula is al die gevalle wat meer as tien in 'n distrik is, of in koshuise of in tronke. In die Oshikotostreek is 170 leerlinge (78 meisies, 92 seuns), Khomas 68 leerlinge (36 meisies, 32 seuns), Hardap 21 ( 12 meisies, 9 seuns); Oshana 17 (12 meisies, 5 seuns), //Kharas 15 (10 meisies, 5 seuns), Otjozondjupa 7 (4 meisies, 3 seuns), Kavango 4 ( 3 meisies, 1 seun), Omaheke 4 (3 meisies, 1 seun), Ohangwena 3 ( 2 meisies, 1 seun), Omusati 1 (1 seun) positief vir Covid-19 getoets.
Shangula het vandag 125 nuwe gevalle aangekondig waarvan 82 mans en 43 vroue is. Die jongste is twee jaar oud en die oudste 74 jaar oud. Uit die 125 nuwe gevalle is 58 in Onandjokwe, 17 in Windhoek, 14 in Rundu, 5 elk in onderskeidelik Omaruru en Walvisbaai, 3 in Swakopmund, 1 in Usakos, 11 in Eenhana, 4 in Rehoboth, 3 in Okahandja en 1 elk in onderskeidelik Okakarara, Katima Mulilo, Karasburg en Gobabis aangeteken.
Volgens Shangula het nog 77 mense herstel en wel 36 in Khomas, 35 in Otjozondjupa, 2 elk in onderskeidelik //Kharas en Ohangwena en 1 elk in onderskeidelik Zambezi en Kunene. Dit bring die totaal op 9 014 te staan.
Huidig het die land 2 130 aktiewe gevalle waarvan 14 baie ernstig of kritiek is. Dit sluit 1 baie ernstige en 1 kritieke geval in Erongo en 4 baie ernstige en 8 kritieke gevalle in Khomas in.
Tot op hede is 97 952 weefselmonsters in die land getoets met die Namib Poultry-laboratorium wat nou ook deel van die 6 laboratoriums in die land is wat vir Covid-19 kan toets. Huidig word 8 255 kontakte gemonitor en is 1 003 mense in kwarantyngeriewe in die land.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie