32 jaar vir moord op vrou
32 jaar vir moord op vrou
Howe
09 December 2020 | Howe
Kristien Kruger
Sacky Goliath (38) is gister in die hoërhof in Windhoek tot 32 jaar tronkstraf gevonnis vir die moord op sy meisie van 17 jaar en die ma van sy twee kinders.
Goliath het Welfriede Saron (40) verlede jaar op 2 Junie in Rehoboth vermoor deur haar verskeie kere met ’n skerp voorwerp te steek.
Hy het skuldig gepleit op die klag van moord saamgelees met die wet op huishoudelike geweld, maar het onskuldig gepleit op die vier bykomende klagtes waarop hy tereg gestaan het.
Regter Naomi Shivute het hom in November skuldig bevind op elk van die vyf klagte wat teen hom aanhangig gemaak is. Volgens haar kon die staat bo redelike twyfel bewys dat hy skuldig is.
VONNISOPLEGGING
Buiten die 32 jaar tronkstraf vir moord, is die vonnisse vir die vier ander klagte soos volg: twee jaar vir aanranding met die doel om ernstig te beseer; drie jaar vir huisbraak met die doel om te moor; drie maande vir aanranding deur dreigement en ses maande vir die tweede klag van aanranding met die doel om ernstig te beseer.
Die bykomende vonnisse sal gelyklopend met die 32 jaar tronkstraf uitgedien word.
Hoewel Shivute tydens die uitspraak uitgewys het dat sy in ag geneem het dat Goliath die pa van twee minderjarige kinders en ’n eerste oortreder is, het sy steeds die swaar vonnis opgelê.
“Die beskuldigde het die oorledene na haar nuwe kêrel se huis gevolg om haar te vermoor. Dit is bewys van ’n moord wat met voorbedagte rade gepleeg is. So ’n persoon verdien om uit die samelewing verwyder te word,” het Shivute gesê.
Die oorledene se ma, onder wie se toesig sy twee kinders gelaat is, het tydens die verhoor getuig dat die kinders in vrees vir hul pa lewe en steeds elke dag vergeefs wag vir hul ma om terug te kom. Die ouma was teenwoordig toe Goliath haar dogter vermoor het.
– [email protected]

Soortgelyk
Gesondheidswerkers, leerlinge en onderwysers deel van 343 nuwe gevalle
3 ure gelede | Gesondheid
Moller, Hatuikulipi se belange onder vergrootglas
19 ure gelede | Misdaad
Rekening van N$151 000 bly toe 'jakkals' gly
19 ure gelede | Misdaad
Mans vas oor vervalsing van Covid-19-toetsuitslae
19 ure gelede | Misdaad
Reënweer bring groot skade
19 ure gelede | Weer
Weer vir 11 Januarie 2021
19 ure gelede | Weer
Regering slaan toe op klaringsagente
19 ure gelede | Regering
Nafau wen in hof teen Shoprite
19 ure gelede | Arbeid
Op die spoor van Hardapdam se opvangsgebiede
19 ure gelede | Infrastruktuur
Kleinadvertensies