31 in hof oor gepeupelreg

Borgtog geweier

01 August 2019 | Howe
Altesaam 31 mense is in hegtenis geneem nadat hulle glo eie reg gebruik het.

Dit volg nadat drie inwoners van die Omushapi-nedersetting naby Tsandi in die Omusatistreek op 15 Julie deur 'n oproerige groep mense in die Ondukuta-lokasie aangeval is, sê die hoof van die Namibiese polisie (Nampol) se skakelafdeling, adj.komm. Edwin Kanguatjivi.

Die polisie het tot die slagoffers se redding gekom en hulle hospitaal toe geneem. Drie klagte, onder meer van aanranding, is op 15 Julie teen die oproerige groep aanhangig gemaak.

"Die voorval spruit voort uit die dood van mnr. Joseph Shiningayamwe Embula (26) wat op 4 Julie in die Tsandi-hospitaal gesterf het. Die groep mense het, in teenstelling met mediese bevindings, geglo dat hy weens vergiftiging gesterf het," het Kanguatjivi gesê.

"Op 8 Julie het 'n familielid met 'n mediese sertifikaat van die oorledene na die Tsandi-polisiekantoor toe gegaan en versoek dat 'n nadoodse ondersoek uitgevoer word. Die familielid was nie daarvan oortuig dat Embula weens natuurlike oorsake gesterf het nie, maar weens vergiftiging," het Kanguatjivi gesê.

Volgens hom het die polisie reëlings vir 'n nadoodse ondersoek op 11 Julie by die Okahao-polisielykshuis getref, soos die familie versoek het.

"Die familie is ingelig dat die nadoodse ondersoek bevestig het die oorledene het nie weens vergiftiging gesterf nie. Ondanks al die pogings, het die groep mense die uitslag van die nadoodse ondersoek geïgnoreer en eie reg gebruik. "

Volgens Kanguatjivi is 24 verdagtes op 17 Julie in hegtenis geneem en twee dae later nóg sewe.

Die eerste groep het op 19 Julie in die Outapi-landdroshof verskyn en die res op 22 Julie. Al die beskuldigdes is borgtog geweier en die saak is tot 12 September uitgestel.

Die Namibiese polisie doen 'n beroep op die publiek om nie eie reg te gebruik nie, maar die regsproses te volg om hul griewe te lug.

Soortgelyk

 

Nuwe voorsitter vir Nasionale Raad verkies

5 ure gelede | Regering

Die Nasionale Raad het vanoggend vir mnr. Bernard Sibalatani van die Zambezistreek as nuwe voorsitter verkies.Me. Victoria Kauma van Kavango-Oos is tot visevoorsitter verkies.Die leierskapsverkiesing...

Nóg ’n rommelklap

16 ure gelede | Ministeries

Jo-Maré Duddy – Nes die voortslepende resessie is Namibië se jongste rommelkrisis die gevolg van die regering wat verkies om na die “meer polities verteerbare”...

Yslander sidder oor Fishrot-skade

16 ure gelede | Misdaad

Ronelle Rademeyer - ’n Bekende viswetenskaplike van Ysland wat met onafhanklikwording deur Swapo na Namibië genooi is om die visbedryf te help ontwikkel, sê hy...

Weer, Maandag 9 Desember 2019

16 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm met geïsoleerde donderbuie in die suidweste en noordooste.KUS: Gedeeltelik bewolk en koel tot warm met reënbuie...

Damme kry eerste invloei

16 ure gelede | Weer

Elvira Hatting - Vrydagoggend het NamWater laat weet die Von Bachdam het water gekry. Teen 09:00 Vrydagoggend het 3,4 m³ water die dam elke sekonde...

STEMFEITE: DIE SUIDE

16 ure gelede | Politiek

Die Landless People's Movement (LPM) het ses kiesafdelings in die Hardap- en //Kharasstreke gewen.

Meer as 125 000 verlaat skool in 2017

16 ure gelede | Ministeries

’n Totaal van 44 245 leerlinge het in 2017 die skool verlaat, terwyl 125 394 hul skooljaar moes herhaal. Die meeste van die leerlinge wat...

Ekonomiese nood vuur selfdood aan

16 ure gelede | Gesondheid

Jana-Mari Smith - Nagenoeg 400 mense het tussen Januarie en September 2019 weens selfdood gesterf en kenners waarsku Namibië se ekonomiese krisis, ’n gebrek aan...

Wêreld vergader oor gedwonge bekeringspraktyke

16 ure gelede | Maatskaplik

Berigte van onverdraagsaamheid en diskriminasie teen nuwe godsdiensbewegings en die skending van godsdiensvryheid word ’n internasionale probleem, met al meer nuwe verslae hieroor uit Suider-Afrika....