30 jaar ná Vingerklip val

07 December 2018 | Plaaslik
Hy sal die oggend van 7 Desember 1988 nie maklik vergeet nie, vertel die bekende oudomroeper, Frikkie Wallis, wat deesdae op Swakopmund woon.

“Ek was met die destydse SWAUK-oggendprogram Voorblad besig, toe ‘n luisteraar uit die Suide gebel het met die nuus dat die Vingerklip geval het! My kollega, die joernalis en skrywer Willie Olivier het ingestap en met sy kenmerkende droë sin vir humor gesê: ‘As jy vir soveel duisende jare gestaan het, sou jy ook omgeval het.’”

Daar kan steeds nie met sekerheid vasgestel word wat die oorsaak van die Vingerklip, of Mukurob (ook Mukarob gespel) se val was nie.

Daar is geglo dat ‘n reënstorm die vorige week die gedeelte waarop dit rus, verswak het, wat tot die ineenstorting bygedra het.

Nóg ‘n teorie is dat seismiese aktiwiteit van ‘n aarbewing in Armenië daardie nag sterk in Namibië waarneembaar was. Tot 45 000 mense is in die Armeense stad Spitak dood waar die aardbewing 6,9 op die richterskaal geregistreer het.

In ‘n onderhoud maande later het ‘n Suid-Afrikaanse seismoloog verduidelik die groot, sogenaamde vuurgordel, waarop Armenië ook lê, loop in die Kalahari dood.

Daar was in die tyd van die verwoestende aardbewing in Armenië weke lank groot seismiese aktiwiteit langs dié gordel.

Die Vingerklip, van 12 meter hoog en ‘n gewig van sowat 450 ton, was by sy basis net 1,5 m breed. Voor die val in 1988, was dit een van die groot toeristetrekpleisters in die land waar talle belangrike geologiese studies ook gereeld gedoen is.

‘n Spesiale posseël en eerstedagkoevert is in 1982 uitgereik.

Mukurob is op 1 Junie 1955 tot nasionale monument verklaar.

Soortgelyk

 

30 jaar ná Vingerklip val

10 ure gelede | Plaaslik

Hy sal die oggend van 7 Desember 1988 nie maklik vergeet nie, vertel die bekende oudomroeper, Frikkie Wallis, wat deesdae op Swakopmund woon. “Ek was...

Kommer heers oor beheer van huur

10 ure gelede | Regering

Catherine Sasman – Die instelling van huurbeheerrade in Windhoek, Swakopmund, Walvisbaai, Oskahati en Rundu is ‘n swak deurdagte politieke besluit wat die eiendomsmark kan laat...

Windhoek sien die lig!

10 ure gelede | In beeld

Die burgemeester van Windhoek, mnr. Muesee Kazapua, het Woensdagaand, volgens die jaarlikse gebruik, die stad se Kersliggies aangeskakel. Hiermee is die feesseisoen amptelik aangekondig en...

Dagga by die kilogramme

10 ure gelede | Misdaad

Denver Kisting'n Suid-Afrikaanse man verskyn na verwagting vandag in die Keetmanshoop-landdroshof weens die beweerde besit van 244 kg se dagga.Hoofinsp. Kauna Shikwambi, 'n polisiewoordvoerder, het...

Vroue in uniform vat voor

10 ure gelede | Misdaad

Denver Kisting 'n Totaal van 249 mense is tydens die vier dae van die pas afgelope Basadi-veldtog aangekeer.Dít verteenwoordig 'n toename van bykans 50% meer...

Weer, Vrydag 7 Desember 2018

10 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm met enkele donderbuie in die noordoostelike en verre suidwestelike gedeeltes.KUS: Gedeeltelik bewolk en koel met miskolle plek-plek....

Kalender 7 Desember

10 ure gelede | Kuns en vermaak

Nou aan die gang» Die Rock Square Colour Festival vind môre om 10:00 by die Omulunga-stadion op Grootfontein plaas. Die fees bied ’n...

Brandstofsmokkelary uit Angola onwettig

10 ure gelede | Ministeries

Elvira Hattingh - Nie net is die smokkel van brandstof uit Angola na Namibië onwettig en bestaan daar kommer oor die gehalte daarvan nie, maar...

Kinderverkragting: Dossier nie in hof

10 ure gelede | Howe

Francoise Steynberg - Die vermeende reeksverkragter mnr. Gewen Gawa-nab (24) het Woensdag in die Windhoekse landdroshof in Katutura op twee klagte van verkragting verskyn. Die...