3 van SA in hospitaal nu00e1 ontploffing in Egipte
3 van SA in hospitaal nu00e1 ontploffing in Egipte

3 van SA in hospitaal ná ontploffing in Egipte

Drie Suid-Afrikaners is met beserings in die hospitaal in Egipte opgeneem nadat die toerbus waarin hulle was Sondag in 'n ontploffing naby die piramides in Giza, Kaïro, beskadig is.

Benewens die bus is 'n motor beskadig nadat 'n ploftoestel naby die twee voertuie afgegaan het.

Vier Egiptenare wat in die motor was, is beseer.

Rania A. Al-Masjat, Egipte se minister van toerisme, het die voorval 'n “klein ontploffing” op Twitter genoem.

“Ons kan bevestig dat van die 28 buspassasiers lig beseer is en drie as voorsorgmaatreël in die hospitaal opgeneem is,” lui haar twiet.

Die departement van interna­sionale betrekkinge en samewerkende regering (Dirco) sê in 'n verklaring altesaam 25 van die passasiers op die bus was Suid-Afrikaners.

Buiten die gehospitaliseerde Suid-Afrikaners sal die res van die toergroep Maandag na Suid-Afrika terugkeer, lui die verklaring.

“Dirco se beradingsdienste is in aanraking met belangegroepe en families. Lindiwe Sisulu, minister van Dirco, wens almal 'n spoedige herstelproses toe. Die minister het die ambassadeur in Egipte opdrag gegee om die nodige ondersteuning te verleen,” lui die verklaring.



GROOT EGIPTIESE MUSEUM

Die ontploffing het 'n paar honderd meter van die Groot Egiptiese Museum gebeur. Die museum is nie in die ontploffing beskadig nie, sê die departement van antieke ware in 'n verklaring.

Die museum word gebou as deel van Egipte se pogings om toerisme na die land te bevorder.

Niemand het nog verantwoordelikheid vir die ontploffing aanvaar nie, berig Reuters. Egiptiese veiligheidsmagte is in 'n stryd gewikkel teen Islamitiese militante, waarvan sommiges bande met Isis het.

 – Netwerk24/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!