3 syfers in MTBR wat met laser-oë bekyk sal word

Francois Williams – Dis een ding om Suid-Afrika se geldvoorraad te bestuur en met rentekoerse rond te speel om inflasie hok te slaan of die rand se waarde te beskerm.

Maar dis ’n heel ander ding om ’n begroting van byna R1 500 miljard te bestuur wanneer jou inkomste tientalle miljarde rande te min is. Dis wat Tito Mboweni dalk agterkom in aanloop tot die mediumtermynbegrotingsraamwerk (MTBR) op 24 Oktober.

Die MTBR is nie die jaarbegroting van Februarie waar aankondigings oor nuwe belastings gemaak word nie, maar is ’n geleentheid om tussentydse aanpassings te maak, en veral om oor ’n aaneenlopende tydperk van sowat drie jaar vorentoe te kyk.

Die kredietgraderingsagentskap Moody’s het vroeër gewaarsku hy gaan na veral drie goed kyk in die komende MTBR:

1. Die vordering met belastinginvordering.

2. Hoe vinnig die staat se salarisrekening groei; en

3. Staatskuld en hoeveel rente daarop betaal word.

Belastinginvordering

Wat belastinginvordering betref, was die nasionale tesourie in Februarie nog relatief optimisties deur ’n teiken vir belastinginkomste op R1 345 miljard vir die 2018-’19-boekjaar te stel.

In Februarie is egter al besef dat die inkomsteteiken van R1 265 miljard wat vir die 2017-’18 boekjaar gestel is met R48,181 miljard gemis gaan word.

As dié gaping teen dieselfde tempo voortduur, kan die teiken vir 2018-’19 met meer as R51,1 miljard gemis word.

Mboweni sal volgende week met die MTBR waarskynlik meer duidelikheid gee oor die tesourie se jongste skattings hieroor.

Die tesourie is wel merkwaardig optimisties deur ’n teiken van R1 454 miljard vir 2019-’20 te gee en R1 581 miljard vir 2020-’21. Dit impliseer groei van onderskeidelik 8,16% en 8,73% in bruto belastinginkomste vir die volgende twee boekjare.

Dit sal interessant wees om te sien hoe die tesourie dié syfers in die MTBR gaan aanpas te midde van ’n krimpende ekonomie.

Koste van staatsamptenare

Die groei in die staat se salarisrekening is ’n volgehoue kopseer. Die salarisrekening vreet oor die drie boekjare tot 2021 35,2% van die totale begroting op, en groei gemiddeld teen 7,3% per jaar, het die tesourie in Februarie gesê.

Die Organisasie van Ekonomiese Samewerking en Ontwikkeling het in 2017 Suid-Afrika se staatsalarisrekening as van die hoogste onder ontwikkelende lande bestempel.

Die tesourie erken self die salarisrekening het oor die afgelope dekade beteken daar is minder geld vir ander bestedingsareas. Boonop is staatsamptenare se jaarlikse verhogings gemiddeld twee persentasiepunte meer as die verbruikersprysinflasie. Staatsamptenare word beter vergoed as die meeste belastingbetalers, het die tesourie in Februarie toegegee.

Rente

Rente op staatskuld word graag gebruik as lat om die huidige regering mee te slaan, maar dit moet in perspektief gesien word.

Teen 1998 het die regering nog 21,2% van sy inkomste aan rentebetalings bestee. Dit was om sogenaamde “apartheidskuld” van die regerings voor 1994 af te betaal.

Die persentasie wat op rente bestee is, het daarna stelselmatig gekrimp tot minder as 8% van inkomste teen 2009-’10.

Maar sedert 2011-’12 het rentebetalings vinniger as bestedingstoekennings gegroei, en teen die huidige tendens sal die regering teen 2020-’21 13,9% van sy beskikbare inkomste moet betaal om rente op sy skuld te betaal. Dit sal dan R213,9 miljard bedra of 3,7% van die land se bruto binnelandse produk (BBP).

Die rente op skuld word vir die lopende boekjaar op R180 miljard geraam, of 13,6% van inkomste.

Die geraamde rente op skuld vir die lopende jaar is egter 10,4% meer as die vorige boekjaar se hersiende syfer. Die tesourie verwag dit gaan volgende jaar met 9,73% groei, en die jaar daarna met 8,19%.

Waarnemers sal hul toespits op enige aanpassings in dié ramings in die MTBR om te sien of die tesourie nog op koers is om staatsfinansies te stabiliseer. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Chelsea 6 vs 0 Everton LaLiga: Osasuna 0 vs 1 Valencia SerieA: Atalanta 2 vs 2 Hellas Verona | Fiorentina 1 vs 1 Genoa European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 18° | 34° Rundu: 18° | 33° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 22° | 35° Ruacana: 21° | 35° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 18° | 32° Omaruru: 20° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 16° | 24° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:51, High tide: 13:03, Low Tide: 18:49, High tide: 01:16 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:01, Low Tide: 18:47, High tide: 01:14 Walvis Bay: 17° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:00, Low Tide: 18:47, High tide: 01:13 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 21° | 35° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 21° | 35° Oranjemund: 15° | 24° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 30° Lubumbashi: 16° | 25° Mbabane: 15° | 26° Maseru: 11° | 24° Antananarivo: 10° | 24° Lilongwe: 17° | 24° Maputo: 19° | 30° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 24° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 26° Dar es Salaam: 23° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23.73 | EUR to NAD 20.33 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.09 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.62 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.89 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.77 | USD to EGP 48.36 | USD to KES 132.73 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.08 | USD to ZMW 25.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 72995.19 Down -0.01% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1521.3 Up +0.05% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13384.83 Up +0.17% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29667.71 Up +0.91% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 381.79/OZ UP +0.58% | Copper US$ 4.37/lb UP +1.21% | Zinc US$ 2 789.40/T DOWN -1.12% | Brent Crude Oil US$ 87.57/BBP DOWN -0.0015 | Platinum US$ 936.41/OZ DOWN -0.0038 Sport results: Premier League: Chelsea 6 vs 0 Everton LaLiga: Osasuna 0 vs 1 Valencia SerieA: Atalanta 2 vs 2 Hellas Verona | Fiorentina 1 vs 1 Genoa European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 18° | 34° Rundu: 18° | 33° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 22° | 35° Ruacana: 21° | 35° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 18° | 32° Omaruru: 20° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 16° | 24° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:51, High tide: 13:03, Low Tide: 18:49, High tide: 01:16 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:01, Low Tide: 18:47, High tide: 01:14 Walvis Bay: 17° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:00, Low Tide: 18:47, High tide: 01:13 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 21° | 35° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 21° | 35° Oranjemund: 15° | 24° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 30° Lubumbashi: 16° | 25° Mbabane: 15° | 26° Maseru: 11° | 24° Antananarivo: 10° | 24° Lilongwe: 17° | 24° Maputo: 19° | 30° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 24° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 26° Dar es Salaam: 23° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.73 | EUR to NAD 20.33 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.09 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.62 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.89 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.77 | USD to EGP 48.36 | USD to KES 132.73 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.08 | USD to ZMW 25.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 72995.19 Down -0.01% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1521.3 Up +0.05% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13384.83 Up +0.17% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29667.71 Up +0.91% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 381.79/OZ UP +0.58% | Copper US$ 4.37/lb UP +1.21% | Zinc US$ 2 789.40/T DOWN -1.12% | Brent Crude Oil US$ 87.57/BBP DOWN -0.0015 | Platinum US$ 936.41/OZ DOWN -0.0038