3 jaar tronkstraf vir korrupte raadslid
Die finansiële bestuurder van die Rehoboth dorpsraad wat verlede jaar op 11 klagte van korrupsie, bedrog en vervalsing in hegtenis geneem is, is in die landdroshof in Windhoek tot 3 jaar effektiewe gevangenisstraf gevonnis.
Die Teenkorrupsiekommissie (ACC) sê in 'n verklaring Jennifer Kays is daaraan skuldig bevind dat sy haar kwalifikasies vervals het ten einde die pos as finansiële bestuurder te kon kry.
Dit het ook aan die lig gekom dat sy dieselfde gedoen het by haar vorige werkgewer, die Lughawensmaatskappy (NAC).
Kays het skuld beken op die 12 klagte teen haar.
Sy is op 19 Junie gevonnis.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie